Description
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 136
OPSOMMING:
- Real lewe #3 Op reis met God is die derde gespreksgids en leiersgids in die Geloofsvorming-reeks vir senior kategese wat verwerk is en ʼn nuwe voorkoms gekry het.
- Die inhoud is nou ook met ʼn app geïntegreer.
- Die inhoud is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vir die geloofsvorming van graad 7- en hoërskoolleerders.
Leiersgids
Die Real lewe-reeks is spesiaal ontwerp vir jongmense
- om aan hulle geloof diepte te gee sodat dit hulle lewe stewig kan anker
- om aan hulle die hulpmiddels te gee wat hulle sal help om die uitdagings van die lewe suksesvol aan te pak, en
- om hulle te help om in hulle verhouding met die Here met ʼn roeping en ʼn droom te leef.
Die Real lewe-app
Real lewe #3 Op reis met God (Leiersgids) gaan saam met ‘n app. Die app sal voor Januarie opgedateer word om hulpmiddels vir Real lewe #3 Op reis met God (Leiersgids) in te sluit. Besoek gerus reallewe.bybelmedia.org.za om die app af te laai. Daar gaan videogrepe, klanksnitte, foto’s en ander hulpmiddels op die app beskikbaar wees om die jongmense in hulle geloofsgeloofsgroei te ondersteun.
SKRYWERS
Die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode en medewerkers, almal met baie ervaring van jeugwerk.