Real lewe #3 Op reis met God (Gespreksgids)

R80.00

Die 29 ontmoetings in Op reis met God sal jou neem op ʼn reis na ʼn geloof wat real is. Jy sal ontdek wat dit in vandag se wêreld beteken om ʼn dissipel van Jesus te wees. Jy sal duidelike koersaanwysings kry deur die uitdagings van die lewe. Jy sal jou verhouding met die Here verdiep. Jy sal saam met ander die feeste, tradisies en sakramente van die kerk vier. En jy sal ontdek wat jou plek in God se groot verhaal met die wêreld is. Geniet die reis met geloof wat real is.

 

 

SKU: 9781928468097 Categories: , ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 104

OPSOMMING:

  • Real lewe #3 Op reis met God is die derde gespreksgids en leiersgids in die Geloofsvorming-reeks vir senior kategese wat verwerk is en ʼn nuwe voorkoms gekry het.
  • Die inhoud is nou ook met ʼn app geïntegreer.
  • Die inhoud is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vir die geloofsvorming van graad 7- en hoërskoolleerders.

Gespreksgids
Die 29 ontmoetings in Op reis met God sal jou neem op ʼn reis na ʼn geloof wat real is. Jy sal ontdek wat dit in vandag se wêreld beteken om ʼn dissipel van Jesus te wees. Jy sal duidelike koersaanwysings kry deur die uitdagings van die lewe. Jy sal jou verhouding met die Here verdiep. Jy sal saam met ander die feeste, tradisies en sakramente van die kerk vier. En jy sal ontdek wat jou plek in God se groot verhaal met die wêreld is. Geniet die reis met geloof wat real is.

Die Real lewe-app

Real lewe #3 Op reis met God (Gespreksgids) gaan saam met ‘n app. Die app sal voor Januarie opgedateer word om hulpmiddels vir Real lewe #3 Op reis met God (Gespreksgids) in te sluit. Besoek gerus reallewe.bybelmedia.org.za om die app af te laai. Daar gaan videogrepe, klanksnitte, foto’s en ander hulpmiddels op die app beskikbaar wees om die jongmense in hulle geloofsgeloofsgroei te ondersteun.

SKRYWERS
Die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode en medewerkers, almal met baie ervaring van jeugwerk.