Protesstem (e-Boek)

R140.00

In Protesstem neem Jaap Durand ons op ʼn reis deur sy oomblikke van herinnering … Cottesloe, Kwazakhele, Belhar, die struggle-jare, Dakar en talle ander onvergeetlike oomblikke wat vir hom belangrik was en wat hom diep geraak het.

Uiteraard vertel hy hierdie verhale vanuit sy perspektief. Tog bly dit herinneringe wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Om te onthou is immers deel van ons menswees. Ons leef vanuit ons herinneringe. Dit vorm deel van ons identiteit.

FORMAAT: Elektroniese boek in die e-Pub formaat.

Description

SUBTITEL: Oomblikke van herinnering

FORMAAT: Elektroniese boek in die e-Pub formaat.

AANTAL BLADSYE: Ongeveer 264, afhangende van die e-leser.

OPSOMMING: In Protesstem neem Jaap Durand ons op ʼn reis deur sy oomblikke van herinnering … Cottesloe, Kwazakhele, Belhar, die struggle-jare, Dakar en talle ander onvergeetlike oomblikke wat vir hom belangrik was en wat hom diep geraak het.

Uiteraard vertel hy hierdie verhale vanuit sy perspektief. Tog bly dit herinneringe wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Om te onthou is immers deel van ons menswees. Ons leef vanuit ons herinneringe. Dit vorm deel van ons identiteit.

Hierdie verhale, sê Jaap Durand, is die moeite werd om te onthou. En nie net te onthou nie, maar ook oor te vertel …

Wat ander oor Protesstem sê:
Prof Jaap Durand se boek lees soos ʼn avontuurverhaal – ek glo veral vir diegene wat die veelbewoë tyd waarbinne dit afspeel eerstehands meegemaak het. Selfs vir diegene wat ver van die vuur af was, behoort dit ʼn boeiende openbaring te wees van hóé veelbewoë dié tyd regtig was. Dit gee nogal perspektief op baie dinge wat ons vandag steeds in Suid-Afrika beleef, en dink dat dit erg is! Bowenal is dit duidelik: Profeet-wees was nog nooit vir sissies nie!
– Pieter Fourie, Uitvoerende Hoof: Bybel-Media Groep

Ek vind die inhoud en die styl boeiend en informatief. Dit sal vir baie lesers verhelderende lig werp op die gebeurtenisse en ontwikkelinge waaroor die skrywer vertel.
– Hennie Rossouw, voorheen professor in Filosofie en viserektor van die Universiteit Stellenbosch

INHOUD

  • In bewuste herinnering
  • Cottesloe en ʼn omstrede proefskrif
  • Molweni, mawethu
  • Kwazakhele: gemeente sonder grense
  • Die lang pad na Belhar
  • Die wakende oog van die Veiligheidsdiens
  • Die struggle-jare op die kampus van die UWK
  • UWK, Dakar en ander onvergeetlike oomblikke
  • Die Vredeskomitee, die generaal en sy tweelingbroer
  • “Daar kom nie ’n einde aan die skryf van baie boeke nie” (Pred 12:12)

SKRYWER
Jaap Durand is al op baie maniere vir sy lewenswerk en publikasies gehuldig. Sy agtergrond in teologie en filosofie, tesame met sy jare lange belangstelling in en navorsing oor verbande tussen die skepping, wetenskap en geloof, maak hom uitnemend toegerus om lesers te begelei op ʼn reis oor eeue heen waarin die ontwikkeling van sommige van die vernaamste standpunte oor mistieke geloof en wetenskap uitgewys word.