Projek-reeks

R250.00

Boeke vol avontuur met ʼn sprokiesverhaal-kinkel …

Hierdie reeks bestaan uit drie titels: Projek Paddaprins, Projek Boontjierank en Projek Doringrosie. Al drie titels is nou saamgebundel. Angelette, Soekie en Toni is soort van maats. Hulle is nie, soos die meeste maats, saam op skool nie. Hulle bly nie eers in dieselfde buurt nie. Hulle is maats omdat hulle winkelkinders is. Hulle ouers het winkels in die winkelkompleks, Ninapark. Hier het die drie maats allerlei opwindende avonture. En elke avontuur klink amper soos ‘n sprokie …

SKU: 9780639601229 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Projek Paddaprins, Projek Boontjierank en Projek Doringrosie

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 240

OPSOMMING: Boeke vol avontuur met ʼn sprokiesverhaal-kinkel …

Hierdie reeks bestaan uit drie titels: Projek Paddaprins, Projek Boontjierank en Projek Doringrosie. Al drie titels is nou saamgebundel. Angelette, Soekie en Toni is soort van maats. Hulle is nie, soos die meeste maats, saam op skool nie. Hulle bly nie eers in dieselfde buurt nie. Hulle is maats omdat hulle winkelkinders is. Hulle ouers het winkels in die winkelkompleks, Ninapark. Hier het die drie maats allerlei opwindende avonture. En elke avontuur klink amper soos ‘n sprokie …

SKRYWER: Snyman word allerweë as een van die grootste kinderboekkenners in Afrikaans beskou, en sy het veral bekendheid verwerf danksy haar leserstudies op die gebied. Sy is die skrywer van topverkoper-kinderboeke soos die Liewe Lawwe Lagboek-reeks, ’n Annerste ABC-boek vir aspatatte, en verskeie titels in die Reënboogrant- reeks.

ILLUSTREERDER: Zinelda McDonald is ’n kunstenaar wat in Kaapstad woon saam met haar musikant-man, Deon, en hulle twee katte. Sy het ’n honneursgraad in Grafiese Ontwerp aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroomkampus verwerf en illustreer meestal kinderboeke en ontwerp voorblaaie vir jeugliteratuur. Sy het al ’n paar toekennings gekry vir haar werk (twee ATKV Woordveertjies asook ’n Exclusive Books/IBBY SA 2017 toekenning). Sy’s dankbaar vir die pryse, maar selfs meer dankbaar dat sy al saam met wonderlike skrywers soos Jaco Jacobs, Marita van der Vyver en Fanie Viljoen kon werk.