Pret Met Syfers

R49.00

Slyp jou 5- tot 8-jarige se syfervaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories!

In Pret met syfers kombineer Wendy Maartens 40 stories met aktiwiteite om kinders se syfervaardigheid te slyp. Deur die stories ontdek hulle die wêreld van getalle in die Bybel – van belangrike feite soos dat ons net 1 God het, minder bekende stories soos die 15 jaar wat by Hiskia se lewe gevoeg is, tot by die baie belangrike 70 x 7 keer vergewe. Aktiwiteite soos inkleur volgens nommers, soek die syfer en ’n paar lekker somme sal sorg vir ure se pret vir besige lyfies.

Die antwoorde vir die speletjies word agter in die boek voorsien.

SKU: 9781431623198 Categories: , , , , , ,

Description

SUBTITEL: Stories en aktiwiteite oor getalle in die Bybel

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 96

OPSOMMING: Slyp jou 5- tot 8-jarige se syfervaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories!

In Pret met syfers kombineer Wendy Maartens 40 stories met aktiwiteite om kinders se syfervaardigheid te slyp. Deur die stories ontdek hulle die wêreld van getalle in die Bybel – van belangrike feite soos dat ons net 1 God het, minder bekende stories soos die 15 jaar wat by Hiskia se lewe gevoeg is, tot by die baie belangrike 70 x 7 keer vergewe. Aktiwiteite soos inkleur volgens nommers, soek die syfer en ’n paar lekker somme sal sorg vir ure se pret vir besige lyfies.

Die antwoorde vir die speletjies word agter in die boek voorsien.

SKRYWER: Wendy Maartens is ’n bekroonde kinderboekskrywer met 53 titels agter haar naam, waarvan sommige in inheemse tale vertaal is. 22 jaar se gr. 3’s uit onder andere Cloetesville, La Colline en Kayamandi op Stellenbosch het haar voorberei om te doen waarvan sy nog altyd gedroom het – om haar brood met woorde te verdien. Wendy het veral ’n passie vir Suid-Afrikaanse legendes, en verhale wat kinders in moeilike sosio-ekonomiese omstandighede help om hulleself te bemagtig..