Pret Met Letters

R49.00

Ontwikkel jou kind se taalvaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories!

In Pret met letters kombineer Wendy Maartens 26 stories met prettige aktiwiteite om 5- tot 8-jariges se taalvaardigheid ’n hupstoot te gee. Wendy het woorde gekies wat ’n Bybelse inslag het, soos ark (A), Betlehemster (B) en Christen (C). Aktiwiteite soos soek die woorde en eenvoudige blokkiesraaisels sal sorg vir ure se pret vir besige lyfies.

Die antwoorde vir die speletjies word agter in die boek voorsien.

SKU: 9781431623181 Categories: , , , , , ,

Description

SUBTITEL: Stories en aktiwiteite oor letters in die Bybel

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 80

OPSOMMING: Ontwikkel jou kind se taalvaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories!

In Pret met letters kombineer Wendy Maartens 26 stories met prettige aktiwiteite om 5- tot 8-jariges se taalvaardigheid ’n hupstoot te gee. Wendy het woorde gekies wat ’n Bybelse inslag het, soos ark (A), Betlehemster (B) en Christen (C). Aktiwiteite soos soek die woorde en eenvoudige blokkiesraaisels sal sorg vir ure se pret vir besige lyfies.

Die antwoorde vir die speletjies word agter in die boek voorsien.

SKRYWER: Wendy Maartens is ’n bekroonde kinderboekskrywer met 53 titels agter haar naam, waarvan sommige in inheemse tale vertaal is. 22 jaar se gr. 3’s uit onder andere Cloetesville, La Colline en Kayamandi op Stellenbosch het haar voorberei om te doen waarvan sy nog altyd gedroom het – om haar brood met woorde te verdien. Wendy het veral ’n passie vir Suid-Afrikaanse legendes, en verhale wat kinders in moeilike sosio-ekonomiese omstandighede help om hulleself te bemagtig..