Prediker

R120.00

Die vrae waarmee die Prediker geworstel het, is ook óns vrae: Waarom leef ek? Waarvoor sloof ek my af? Om hierdie vrae te beantwoord, neem die Prediker ons op ʼn opwindende, maar soms ook worstelende reis. Hierdie boek is ʼn poging om, na aanleiding van die Bybelteks soos die Prediker dit eeue gelede neergeskryf het, die vraag na die sin van die lewe te beantwoord, ‘n vraag wat so oud soos die mensdom self is. Geniet die ontdekkingsreis saam met die Prediker en medegelowiges.

SKU: 9780864879011 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Lewe moet ʼn rede hê. Die wysheid van vrae. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe

FOMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 152

OPSOMMING: Die vrae waarmee die Prediker geworstel het, is ook óns vrae: Waarom leef ek? Waarvoor sloof ek my af? Om hierdie vrae te beantwoord, neem die Prediker ons op ʼn opwindende, maar soms ook worstelende reis. Hierdie boek is ʼn poging om, na aanleiding van die Bybelteks soos die Prediker dit eeue gelede neergeskryf het, die vraag na die sin van die lewe te beantwoord, ʼn vraag wat so oud soos die mensdom self is. Geniet die ontdekkingsreis saam met die Prediker en medegelowiges.

INHOUD
1. Saai en sinloos (Pred 1:1-11)
2. ʼn Klop op die skouer (Pred 1:12-18)
3. Die lewe is ʼn fees! (Pred 2:1-11)
4. God behandel my stief (Pred 2:12-26)
5. Te groot vir woorde (Pred 3:1-13)
6. Tog voorspelbaar (Pred 3:14-22)
7. Magsug en selfsug (Pred 4:1-16)
8. Godsdienstige maskers gelig (Pred 4:17 – 5:6)
9. Slagoffer óf bevryde? (Pred 5:7 – 6:2)
10. Geluk ís moontlik (Pred 6:3-12)
11. Wie is dwaas en wie is wys? (Pred 7:1-25)
12. Albei geslagte oor die vingers getik! (Pred 7:25-29)
13. Dit gaan goed, al gaan dit sleg (Pred 8:1-17)
14. Die dood belig die lewe (Pred 9:1-12)
15. Heen en weer geslinger (Pred 9:13 – 10:20)
16. Blootgestel, nie uitgelewer nie! (Pred 11:1-10)
17. Oor oud word en doodgaan (Pred 12:1-14

SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek. Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.