Description
SUBTITEL: Oordink God se skeppingswonders. Ontdek God se twaalfvoudige seën.
FORMAAT: A5 Boek
AANTAL BLADSYE: 216
OPSOMMING: Polsslag nooi jou om op reis te gaan deur die wonderbare skepping wat jou omring.
Die Skepper het presies geweet wat om te doen toe Hy die heelal beplan en tot stand gebring het: van die mikroklein atoom tot by die denkende, besluitnemende mens het God alles noukeurig gevorm. Sy grootheid strek van sy asemrowende natuurgeskenke aan aardbewoners tot by sy almagtige ingryping in sy kinders se lewe.
In Polsslag maak Johann van Zyl met 12 fassinerende Bybeltemas die leser opnuut bewus van die Almagtige se skeppingswonders, beloftes en seën.
Geniet die reis!
INHOUD:
144 dagstukke, ingedeel in 12 fassinerende Bybeltemas:
- Skepper en skepping
- Genade en ander gawes
- Geloof, hoop en liefde
- Spys en drank
- Wonings en skuilplekke
- Wysheid en volharding
- Vreugdes en vierings
- Reis en avontuur
- Gesondheid en genesing
- Geldsake en gemaksones
- Waarborge en wonderwerke
- Woord en lied
SKRYWER: Johann van Zyl is ’n landbou- en finansiële joernalis met ’n onversadigbare liefde vir navorsing en statistieke. Dit gebruik hy dan mildelik in sy skryfwerk, wat dié boek insluit. Johann is ook ’n groot musiekliefhebber en ’n ywerige drawwer.