Description
SUBTITEL: ‘n Gespreksgids vir groepe
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 48
Meer oor die reeks Perspektiewe op die koninkryk
Jesus nooi ons en daag ons uit om elke dag op ’n totaal nuwe manier met ʼn nuwe perspektief te leef. Want wanneer ons met ’n koninkryksperspektief leef, verander alles.
Boeke in die reeks
- Boek 1: ʼn Koninkryk van genade
- Boek 2: Jesus, Here van die koninkryk
- Boek 3: Beelde van die koninkryk
- Boek 4: Gereed vir die koninkryk
OPSOMMING van Boek 1: ’n Koninkryk van genade
God het ’n genadeverbond met ons gesluit. Genade beteken ons kry wat ons nie verdien nie. Dit maak nie vir ons sin nie. Maar juis dít is die punt van genade: Genade is onverdiend en … God se koninkryk is vol van hierdie genade, onbeskryflik groot.
INHOUD
Inleiding
- Gesprek 1: Genade is genoeg
- Gesprek 2: Genade is onregverdig
- Gesprek 3: Genade verwelkom altyd terug
- Gesprek 4: Genade onbeskryflik groot
- Gesprek 5: Gekies om Jesus te kies
- Gesprek 6: Genade maak julle familie
- Gesprek 7: Aanvaar mekaar
- Gesprek 8: Genade maak julle (voortdurend) nuut
SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.