Perspektiewe op die koninkryk-reeks – ʼn Koninkryk van genade (Boek 1)

R60,00

God het ’n genadeverbond met ons gesluit. Genade beteken ons kry wat ons nie verdien nie. Dit maak nie vir ons sin nie. Maar juis dít is die punt van genade:  Genade is onverdiend en … God se koninkryk is vol van hierdie genade, onbeskryflik groot.

Jesus nooi ons om sy koninkryk nog sigbaarder te maak deur hier op aarde as koninkrykskinders te leef. Hierdie Bybelstudiereeks bestaan uit vier gidse oor verskillende aspekte van die koninkryk wat spesiaal ontwerp is vir kleingroepe of selgroepe.

SKU: 9780864877840 Categories: ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: ‘n Gespreksgids vir groepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 48

Meer oor die reeks Perspektiewe op die koninkryk

Jesus nooi ons en daag ons uit om elke dag op ’n totaal nuwe manier met ʼn nuwe perspektief te leef. Want wanneer ons met ’n koninkryksperspektief leef, verander alles.

Boeke in die reeks

  • Boek 1: ʼn Koninkryk van genade
  • Boek 2: Jesus, Here van die koninkryk
  • Boek 3: Beelde van die koninkryk
  • Boek 4: Gereed vir die koninkryk

OPSOMMING van Boek 1: ’n Koninkryk van genade

God het ’n genadeverbond met ons gesluit. Genade beteken ons kry wat ons nie verdien nie. Dit maak nie vir ons sin nie. Maar juis dít is die punt van genade:  Genade is onverdiend en … God se koninkryk is vol van hierdie genade, onbeskryflik groot.

INHOUD

Inleiding

  • Gesprek 1: Genade is genoeg
  • Gesprek 2: Genade is onregverdig
  • Gesprek 3: Genade verwelkom altyd terug
  • Gesprek 4: Genade onbeskryflik groot
  • Gesprek 5: Gekies om Jesus te kies
  • Gesprek 6: Genade maak julle familie
  • Gesprek 7: Aanvaar mekaar
  • Gesprek 8: Genade maak julle (voortdurend) nuut

SKRYWER

Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.

Additional information

Formaat

Gedrukte boek, Elektroniese PDF

You may also like…