Description
SUBTITEL: ‘n Gespreksgids vir groepe
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 48
Meer oor die reeks Perspektiewe op die koninkryk
Jesus nooi ons en daag ons uit om elke dag op ’n totaal nuwe manier met ʼn nuwe perspektief te leef. Want wanneer ons met ’n koninkryksperspektief leef, verander alles.
Boeke in die reeks
- Boek 1: ʼn Koninkryk van genade
- Boek 2: Jesus, Here van die koninkryk
- Boek 3: Beelde van die koninkryk
- Boek 4: Gereed vir die koninkryk
OPSOMMING van Boek 2: Jesus, Here van die koninkryk
Jesus is die Messias wat gekom het om Koning te word op aarde. Van die begin af was dit duidelik dat Jesus ’n anderste Koning is. ’n Koning wat gekom het om te dien. ʼn Koning wat die gestalte van ’n slaaf aangeneem en aan mense gelyk geword het. Jesus se Koningskap het verrykende implikasies vir die manier waarop ons sy Koningskinders vandag in hierdie wêreld leef.
INHOUD
Inleiding
- Jesus, Here van die koninkryk
- Gesprek 1: Wie is Jesus?
- Gesprek 2: Die lydende Here
- Gesprek 3: Die diensbare Here
- Gesprek 4: Die Here leef
- Gesprek 5: Die Here regeer
- Gesprek 6: Die Here gee sy Gees
- Gesprek 7: Die Here is hier
- Gesprek 8: Só regeer die Here
SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.