Perspektiewe op die koninkryk-reeks – Gereed vir die koninkryk (Boek 4)

R40.00R60.00

Die Bybel sê duidelik ons moet gereed wees vir die dag wanneer die koninkryk van God finaal aanbreek. Tot dan moet ons verstandig wees. Ons moet getrou wees. Ons moet waaksaam wees. Ons moet oop wees vir voortdurende hernuwing. Ons moet op die regte manier vir die koms van die koninkryk wag – want dit kan enige oomblik gebeur. En wanneer dit gebeur, sal God se droom om alles vir almal te wees finaal gestalte kry.

OOK BESKIKBAAR IN PDF FORMAAT

SKU: 9780864877871 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: ‘n Gespreksgids vir groepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 48

Meer oor die reeks Perspektiewe op die koninkryk

Jesus nooi ons en daag ons uit om elke dag op ’n totaal nuwe manier met ʼn nuwe perspektief te leef. Want wanneer ons met ’n koninkryksperspektief leef, verander alles.

Boeke in dié reeks

  • Boek 1: ‘n Koninkryk van genade
  • Boek 2: Jesus, Here van die koninkryk
  • Boek 3: Beelde van die koninkryk
  • Boek 4: Gereed vir die koninkryk

OPSOMMING van Boek 4 – Gereed vir die koninkryk

Die Bybel sê duidelik ons moet gereed wees vir die dag wanneer die koninkryk van God finaal aanbreek. Tot dan moet ons verstandig wees. Ons moet getrou wees. Ons moet waaksaam wees. Ons moet oop wees vir voortdurende hernuwing. Ons moet op die regte manier vir die koms van die koninkryk wag – want dit kan enige oomblik gebeur. En wanneer dit gebeur, sal God se droom om alles vir almal te wees finaal gestalte kry.

INHOUD

  • Inleiding
  • Gereed vir die koninkryk
  • Gesprek 1: Reeds en nog nie
  • Gesprek 2: Struikelblokke en navolging
  • Gesprek 3: Huurders wat vrug dra
  • Gesprek 4: Almal is uitgenooi
  • Gesprek 5: Getroue waaksaamheid
  • Gesprek 6: Wag verstandig
  • Gesprek 7: Gebruik elke geleentheid
  • Gesprek 8: Dade is tog belangrik

SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.

Additional information

Formaat

Gedrukte boek, Elektroniese PDF