Description
FORMAAT: Boeke
OPSOMMING: JONA: In Jona se storie roep die Here ʼn onwillige profeet om ’n boodskap aan ’n vyandelike volk te gaan oordra. Wat ʼn vreemde opdrag! God wou die vyandige, wrede Assiriërs van Nineve waarsku dat hulle binnekort weens hulle goddeloosheid sou sterf.
Jona, die profeet, het nie van die Assiriërs gehou nie, want hulle was vyande van sy volk, die Israeliete. Hy wou niks met die Assiriërs te doen hê nie. Maar God het ander planne gehad. En die een waarheid wat ons uit hierdie storie leer, is dat God situasies ten goede sal laat uitwerk, volgens sy wil, selfs al hou iemand soos Jona glad nie daarvan nie.
MATTUES: Matteus het hoofsaaklik geskryf vir Griekssprekende Jode wat die ou Joodse Skrifte (die Ou Testament van ons Bybel vandag) geken het. Hy begin met ’n geslagsregister (familieboom) om te wys hoe Jesus aan die troon van Dawid verbind is (asook aan Abraham, die vader van die Joodse volk). Daarna beskryf Matteus die ongelooflike lewe, dood en opstanding van Jesus.
KOLESSENSE: Paulus se brief aan die Kolossense sal waarskynlik die belangrikste brief wees wat jy ooit sal lees. Hierdie brief is in die eerste eeu geskryf en het al miljoene mense oor die hele wêreld heen oor baie eeue heen diep geraak. Paulus praat in hierdie brief oor radikale verandering. In hierdie brief ontdek ons Wie alles bymekaarhou en Wie ons verander en ons nuut maak sodat ons vir ewig en altyd by God kan leef – Jesus Christus, die lewende Seun van God.
ESTER: Die plek: Ou Persië 480 vC. ’n Fassinerende verhaal oor Ester en haar volk – met vele kinkels en kabels, gelukkige en vreesaanjaende oomblikke, gevaarlike en dodelike uitkomste. Dit is ’n verhaal wat uiteindelik dui op God wat sy volk red en versorg.