Paint by numbers

R0.00

Paint-By-Numbers

In ” Paint-By-Numbers ” verduidelik Dr. Nico Simpson aan die hand van ‘n metafoor hoe Jesus ons godsdiesntige reëls en boksies oopbreek en ons uitdaag om regtig vry te leef..

Die 03:22 min Nous-kortfilms is ontwikkel om te dien as gespreks-lanseerders.  Die video-inset se doel is om gedagtes los te maak en mense se verbeelding te prikkel.  Dit glo ons gebeur die beste waar mense dit saam kyk en daaroor praat.

Ons dink dit is ‘n goeie idee om koffie-winkel gesprekke te reël waar mense die kort-film saam kan kyk en dan die gespreksvrae (sien onder) kan oordink.

“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’

Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.

As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?

En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie?

“Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”

Description

Videoteks

Paint-by-numbers het in die 1950’s op die mark verskyn en binne 3 jaar is 12 miljoen verf-stelle verkoop.  Jy’t ‘n doek gekry met lyntjies, nommers en 90 vooraf gemengde potjies verf.  En die slogan op die boks:  Elke mens is ‘n Rembrandt.

Die moeilikheid met Paint-by-numbers, is dat dit ‘n lewelose skildery tot gevolg het.  Al die blokkies en raampies.  Al die vooropgestelde reëltjies gee nie wat dit belowe nie.  Dit belowe ‘n Rembrandt – en gee ‘n namaaksel.

Meer en meer van ons ontdek dat die lewe nie Paint-by-numbers is nie – daar nie ‘n blokkie vir elke ding is nie.  Dat alles nie duidelik is en elke ding ‘n plek het nie.  Dat alles in die lewe nie inpas in ‘n raampie en ons moet net die regte kleur op die regte plek verf nie.

Die lewe is nie Paint-by-numbers, kleur tussen die lyne in, loop in ‘n ry, doen die regte ding nie.

Maar die lewe is oper, deurmekaarder, moeiliker, vryer.  Alles en veral almal pas nie in blokkies in nie.  Dis die goeie nuus.

Die godsdienstige mense met wie Jesus praat, het gedink die lewe werk soos Paint-By-Numbers.  Hulle godsdiens het hulle gehelp om vir elke mens ‘n plekke te hê – was ‘vyande’ ‘n godsdienstige kategorie.  Vyande was die mense buite God se raampies.  Vir hulle was daar nie plek in God se skildery nie.

Met een sin verf Jesus die hele doek weer wit.  Begin Hy van voor af.  Een sin:  Julle moet julle vyande liefhê.  Godsdienstige mense het gedink:  Dat ‘n mens oor elke mens kan weet is hy goed of sleg; Is sy reg of verkeerd; Dat dit duidelik is wie is vriend en wie is vyand.

Met daai sin gaan die lewe voor ons oop.  Skielik kan ons die mens voor ons liefhê, sonder om te vra is sy reg of verkeerd.  Kan ons die mens wat oor ons pad kom, aanvaar sonder om te wonder is hy aanvaarbaar vir God.

Party keer maak ons reëls om nie besluite hoef te neem nie.

Paint-by-numbers: Dis nie hoe Picasso geskilder het nie.

Dis nie hoe Jesus geleef het nie.  Hy’t gewaag om oor die lyne in te kleur.

Mag ons leer om met minder reëls te leef – want dit is mos die kategorieë wat ons skep wat mense van mekaar vervreem en keer dat ons hulle liefhet.

Mag ons soek na die vreugde in elke oomblik – die vonk van God is elke mens met wie ons kontak het.

Mag ons wild skilder op die groot wit doek wat ons elkeen gekry het.

Van Gogh skryf aan sy broer:  Ek het ‘n vreeslike behoefte aan – mag ek dit waag om die woord te sê – godsdiens.  Dan gaan ek uit in die nag en skilder die sterre.

 Vir kleingroep gebruik:

Bybelteks: MATTEUS 5:43-48

Doen ‘n kort stilword gebed en lees daarna die teksgedeelte.

Kyk die kortfilm: Paint by numbers

Gespreksvrae

Watter emosies maak hierdie storie in jou wakker?

Aan watter verhoudings laat hierdie storie jou dink?  Hoekom?

Watter kommentaar lewer hierdie storie op die verhouding wat vir jou  uitstaan?

Wat lê hierdie week vir jou voor?