Description
SUBTITEL: LP3 – Jaar5 Graad 1-3
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 80
Hierdie produkreeks bestaan uit drie komponente:
• Junior werkboek vir graad 1-3
• Senior werkboek vir graad 4-6
• Aanbiedersgids (CD)
Hierdie kategese-reeks is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode met die oog op die geloofsvorming van laerskoolleerders (graad 1-6).
PRODUKINLIGTING
Werkboeke
• Vrolike volkleurontwerp
• Interaktiewe aktiwiteite
• Word gebruik saam met huidige LP3-panele en -portrette
Aanbiedersgids op CD
• Eenvoudige aanbieding
• Een leiersgids vir graad 1-6
• Volledige opsomming van die hoofpunte en besonderhede van elke ontmoeting
• Alle bykomende hulpmiddels
• Integrasie met huidige LP3-inhoud en -komponente
• Gemeentes mag aanbiedersgids vir groepleiers uitdruk
OPSOMMING: Wil jy graag meer ontdek oor wat jy regtig glo en bely wanneer jy sê jy is lief vir Jesus en volg Hom?
Hierdie jaar gaan ons meer leer oor die Apostoliese Geloofsbelydenis en ontdek wat ons met elke artikel bely. Ons gaan ook kyk na die lewe van verskillende profete en konings van die Ou Testament.
Hierdie jaar se ontmoetings bevestig: Wow! Alles wat ons van Jesus weet en glo, is waar!
INHOUD
Nuwe Testament
Epifanie
- En dié wyn?
- In die pikdonker nag
- Jesus praat met haar
- Uiteindelik gesond!
Lydenstyd
- Ek glo in God die Vader
- Ek glo in Jesus Christus
- Ek glo Jesus het afgekom aarde toe
- Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe
Opstandingstyd
- Ek glo Jesus het opgestaan
- Ek glo Jesus is terug hemel toe
- Ek glo Jesus kom weer
Pinkstertyd
- Ek glo in die Heilige Gees
- Ek glo aan die kerk
- Ek glo my sondes word vergewe
- Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe
Ou Testament
Koninkrykstyd
- Dit sal nie opraak nie
- En die wenner is …
- Naäman word gesond
- En toe word dit moontlik
- Dan moet jy maar voel
- Glo maak soms seer
- Nog ʼn kans
- Tot in die afgrond
- Die jongste koning
- Ja, Jeremia, jy kan!
- Al sou wat gebeur …
- Wees gewaarsku
- Dit help net mooi niks nie
- Lig anderkant die tonnel
- So duidelik soos daglig
SKRYWER
Paul du Toit (redakteur) en verskeie medewerkers uit verskillende provinsies in Suid-Afrika.