Op soek na Saartjie

R320.00

As skrywer van die vorige volkslied, ‘Die Stem’, is CJ Langenhoven een van Afrikanerdom se grootste literêre ikone. As assistent en vertroueling was die ietwat kontroversiële jong, rooikopJood – Sarah Goldblatt – dikwels aan sy sy.

Later, as kurator van sy literêre erfenis, het Sarah ‘n wesenlike bydrae tot die Afrikaanse taal en letterkunde gelewer, tog het sy, as ‘n Joodse vrou en buitestander, bitter min erkenning hiervoor gekry. Haar stem en nalatenskap is deur die destydse nasionalistiese diskoers en patriargale stelsel uitgedoof.

Dominique Malherbe wou die waarheid uitvind oor Sarah (haar groottante) – haar lewe, haar werk en haar nalatenskap. Terwyl sy Sarah se lewe ontrafel, ontdek sy ‘n ongewone liefdesverhaal tussen die jong Joodse vrou en die ouer Afrikanerikoon.

Dit is ‘n verhaal van ‘n vrou wat innig lief was vir Langenhoven . . . en in die geheim sy kind gehad het.

SKU: 9780624091233 Categories: , , , , ,

Description

SUBTITEL: Langenhoven se geheime liefde

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 240

OPSOMMING: As skrywer van die vorige volkslied, ‘Die Stem’, is CJ Langenhoven een van Afrikanerdom se grootste literêre ikone. As assistent en vertroueling was die ietwat kontroversiële jong, rooikopJood – Sarah Goldblatt – dikwels aan sy sy.

Later, as kurator van sy literêre erfenis, het Sarah ‘n wesenlike bydrae tot die Afrikaanse taal en letterkunde gelewer, tog het sy, as ‘n Joodse vrou en buitestander, bitter min erkenning hiervoor gekry. Haar stem en nalatenskap is deur die destydse nasionalistiese diskoers en patriargale stelsel uitgedoof.

Dominique Malherbe wou die waarheid uitvind oor Sarah (haar groottante) – haar lewe, haar werk en haar nalatenskap. Terwyl sy Sarah se lewe ontrafel, ontdek sy ‘n ongewone liefdesverhaal tussen die jong Joodse vrou en die ouer Afrikanerikoon.

Dit is ‘n verhaal van ‘n vrou wat innig lief was vir Langenhoven . . . en in die geheim sy kind gehad het.

SKRYWER: Dominique Malherbe is ‘n skrywer en toegelate prokureur. Sy het twee memoires geskryf: From Courtrooms to Cupcakes en Somewhere in Between. Sy is in Windhoek, Namibië, gebore, het in Johannesburg gematrikuleer en in 1984 Kaapstad toe verhuis om regte te studeer. Sy woon steeds in die Moederstad saam met haar man en vier kinders.