Op pad: ‘n Reisjoernaal

R285.00

Dana Snyman se aweregse reisjoernaal vertel twee stories: In deel een is Dana op pad saam met die TV-span van sy reeks, Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook ’n innerlike reis. Ná besoeke aan Orania, sy ouma-hulle se ou erf, Adriaan Vlok (met sy plastiek voetwasskottel) en President Zuma se niggie, vind hy nuwe hoop – en kom hy uiteindelik huistoe met Blackie, die weggooihond van die N1.

In deel twee beleef Dana die Rugby Wêreldbeker saam met uiteenlopende rugbyliefhebbers. Hy kuier in kroeë, klubs, township-huisies; saam met oom Frik du Preez en saam met Joost. Hy ontvang ook ’n enigmatiese Valentynsboodskap.

Op pad is Dana se eerlikste boek nog, soms skreiend so. Dié boek vra lesers om saam met hom op ’n nuwe reis te gaan, weg van vooroordele en wantroue, na ’n plek van genade en hoop.

SKU: 9780624077176 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 224

OPSOMMING: Dana Snyman se aweregse reisjoernaal vertel twee stories: In deel een is Dana op pad saam met die TV-span van sy reeks, Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook ’n innerlike reis. Ná besoeke aan Orania, sy ouma-hulle se ou erf, Adriaan Vlok (met sy plastiek voetwasskottel) en President Zuma se niggie, vind hy nuwe hoop – en kom hy uiteindelik huistoe met Blackie, die weggooihond van die N1.

In deel twee beleef Dana die Rugby Wêreldbeker saam met uiteenlopende rugbyliefhebbers. Hy kuier in kroeë, klubs, township-huisies; saam met oom Frik du Preez en saam met Joost. Hy ontvang ook ’n enigmatiese Valentynsboodskap.

Op pad is Dana se eerlikste boek nog, soms skreiend so. Dié boek vra lesers om saam met hom op ’n nuwe reis te gaan, weg van vooroordele en wantroue, na ’n plek van genade en hoop.

SKRYWER: Dana Snyman is ’n bekroonde en geliefde skrywer met ’n rits topverkopers agter sy naam. Sy TV-reeks, Op pad met Dana, is uiters gewild. Die vierde reeks het in 2019 begin. Hy het meer as 25 000 volgelinge op Facebook, waar hy van sy aweregse, ontroerende stories deel, dikwels met oorweldigende reaksie van lesers.