Description
SUBTITEL: … wat Openbaring ons oor die kerk se lewe en roeping leer
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 188
OPSOMMING: Coenie Burger se boek Oop deure – wat Openbaring ons oor die kerk se lewe en roeping leer is veel meer as ‘n blote uitleg van die boek Openbaring. Dit is aktueel en toepaslike vir ons onseker tye van pandemies, toenemende konflik, morele verval en ekologiese rampe. Vanuit die beeldryke Openbaringboek bied dit ‘n verrassende, troosryke en hoopvolle blik op God Drie-enig, en God se toekoms waarin alles nuut gemaak word. Die boek open deure, nie net op God se toekoms nie, maar ook op geleenthede vir die kerk se missionale roeping vandag. Die fokus is veral ook op gemeentes wat in gehoorsaamheid meegeneem word in God se sending gerig op die herstel van ‘n gebroke wêreld.
SKRYWER: Dr Coenie Burger is ’n invloedryke kerkleier en kerklike teoloog. As skrywer van talle teologiese boeke het hy ‘n diep en wye stempel op leraars en gemeentes afgedruk, veral ook ten opsigte van leierskapsontwikkeling, prediking en die missionale transformasie van gemeentes. Vir sy skryfwerk is hy onder andere bekroon met die gesogte Andrew Murray prys en die Suid Afrikaanse Akademie se Totiusprys. Hy was direkteur van Ekklesia, ‘n ekumeniese sentrum wat fokus op bedieningsontwikkeling en praktiese teologiese navorsing by die Fakulteit Teologie van die Universiteit Stellenbosch. Coenie is getroud met Lydia en hulle woon op Gordonsbaai in die Wes-Kaap.
Oop deure van Coenie Burger is nie maar net nog ‘n uitleg van die boek Openbaring nie. Dit is aktueel en toepaslike vir ons tyd. Soos dit ‘n goeie eksegeet betaam, verduidelik Burger hoe die boek gespreek het tot die gelowiges vir wie dit oorspronklik geskryf is – in ‘n wêreld wat totaal anders as ons s’n gelyk het. Hy bied egter ook ‘n passievolle toe-eiening van die boodskap van die boek vir ons eie tyd – op so ‘n manier dat ons beter insig in ons eie situasie kry en die talle geleenthede raaksien wat God vir ons hier aan die suidpunt van Afrika skep. Hy help ons inderdaad om te hoor wat die Gees vir die gemeentes van ons tyd sê. Prof Francois Tolmie, Nuwe Testament, Universiteit van die Vrystaat.
Coenie Burger skryf: “Openbaring sê vir ons dat ons nie in die eerste plek nuwe strategieë of planne nodig het nie, maar dat ons gehelp moet word om die evangelie nuut te hoor en vir ons toe te eien”. Daarmee sit hy sy vinger op die essensie van wat nodig is vir gemeentes en predikante om vandag te hoor. ‘n Weldeurdagte uitleg van Openbaring deur ‘n knap teoloog. Prof Ian Nell, Praktiese Teologie en Missiologie, Universiteit van Stellenbosch
Coenie Burger se genuanseerde lees van Openbaring as gemeente-literatuur teen die agtergrond van die Romeinse Ryk sal gelowiges en gemeentes se geestelike verbeelding opnuut aangryp oor hoe hulle vandag hul missionale roeping in uitdagende tye