Onverskrokke vroue

R250.00

Waar hoort vroue in die samelewing? Hul rol as versorgers word geredelik erken, maar wat van die openbare sfeer – waar hoort vroue in die kerk, die politiek, die sakewêreld, sport en wetenskap? Was dit altyd so, of het dié rol oor die jare verander?

Bettina Wyngaard, aktivis en regsgeleerde, ontleed dié kwessie in ’n gesprek tussen die Bybel en SuidAfrika se grondwet. Sy kyk spesifiek na die sogenaamde tekste van verskrikking (“texts of terrors”) in die Bybel. Hoe moet ons dit verstaan? Het vroue in Bybelse tye dinge dan anders beleef as ons vandag? En hoe staan dit vandag met vroue – as versorgers in die Covid19pandemie, as leiers in die kerk, as huiswerkers? En wat van seksuele teistering by die werk, transgenderregte en hutsmerkaktivisme?

Onverskrokke vroue bied ’n omvattende, deeglik nagevorste en indringende blik op aktuele vrae waarmee ons daagliks worstel. Terselfdertyd vier dit vroue se moed en sal jou nie net diep laat dink nie, maar ook opnuut inspireer.

SKU: 9780796322364 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Uitdagings en oorwinnings vanaf Bybelse tye tot vandag

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 288

OPSOMMING: Waar hoort vroue in die samelewing? Hul rol as versorgers word geredelik erken, maar wat van die openbare sfeer – waar hoort vroue in die kerk, die politiek, die sakewêreld, sport en wetenskap? Was dit altyd so, of het dié rol oor die jare verander?

Bettina Wyngaard, aktivis en regsgeleerde, ontleed dié kwessie in ’n gesprek tussen die Bybel en SuidAfrika se grondwet. Sy kyk spesifiek na die sogenaamde tekste van verskrikking (“texts of terrors”) in die Bybel. Hoe moet ons dit verstaan? Het vroue in Bybelse tye dinge dan anders beleef as ons vandag? En hoe staan dit vandag met vroue – as versorgers in die Covid19pandemie, as leiers in die kerk, as huiswerkers? En wat van seksuele teistering by die werk, transgenderregte en hutsmerkaktivisme?

Onverskrokke vroue bied ’n omvattende, deeglik nagevorste en indringende blik op aktuele vrae waarmee ons daagliks worstel. Terselfdertyd vier dit vroue se moed en sal jou nie net diep laat dink nie, maar ook opnuut inspireer.

SKRYWER: Bettina gaan in Grabouw skool en behaal haar LLBgraad aan die US. Sy word die eerste vrou wat ’n regspraktyk op Grabouw begin maar verlaat die regsberoep om voltyds te skryf. Bettina het vier fiksietitels op haar kerfstok en haar debuut is met die Jan Rabieprys vereer. Bettina skryf vir Litnet en is ‘n lid van die Andrew Murraypryskomitee.