Ontvang wat vir jou gegee is

R80.00R140.00

Die doop is net te belangrik om nié daaroor te praat nie. Maar in plaas daarvan om oor die wanneer en die hoe van die doop te praat, kan ons die gesprekke positief draai deur te praat oor hoekom die doop ingestel is. ʼn Gesprek oor die betekenis en waarde van die doop vir gelowiges sal ons baie nader aan mekaar kan bring, en dit is waarmee hierdie boek mense wil help.

ʼn Deel van die storie agter hierdie boek is ʼn merkwaardige dokument wat in 1983 verskyn het – Baptism, Eucharist and Ministry. Dit verduidelik die betekenis en waarde (die hoekom) van die doop waaroor honderde kerke in die hele wêreld saamstem. Aan die hand van die Bybel wys die dokument ons op die vyf duidelike gawes wat ons by die doop ontvang.

Saam met hierdie vyf gawes van die doop, gee die skrywers ook agtergrondinligting oor die doop en riglyne vir die praktiese bediening van die doop in gemeentes, en deel gedagtes oor die regmatige plek van die doop (en die nagmaal) in die erediens.

Gaan saam met twee aanvullende boeke vir gemeentes en groepe:

SKU: 9780864877505 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Hoe die doop ons kan leer om met Christus te leef

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 290

OPSOMMING: Die doop is net te belangrik om nié daaroor te praat nie. Maar in plaas daarvan om oor die wanneer en die hoe van die doop te praat, kan ons die gesprekke positief draai deur te praat oor hoekom die doop ingestel is. ʼn Gesprek oor die betekenis en waarde van die doop vir gelowiges sal ons baie nader aan mekaar kan bring, en dit is waarmee hierdie boek mense wil help.

ʼn Deel van die storie agter hierdie boek is ʼn merkwaardige dokument wat in 1983 verskyn het – Baptism, Eucharist and Ministry. Dit verduidelik die betekenis en waarde (die hoekom) van die doop waaroor honderde kerke in die hele wêreld saamstem. Aan die hand van die Bybel wys die dokument ons op die vyf duidelike gawes wat ons by die doop ontvang.

Saam met hierdie vyf gawes van die doop, gee die skrywers ook agtergrondinligting oor die doop en riglyne vir die praktiese bediening van die doop in gemeentes, en deel gedagtes oor die regmatige plek van die doop (en die nagmaal) in die erediens.

Die doop is ʼn wonderlike en unieke gawe wat die Here aan sy kerk gegee het

  • om ons te help om die evangelie te verstaan,
  • om ons in ons geloof vas te maak, en
  • om ons vir ons navolging van Christus op te bou.

INHOUD:

Voorwoord

Deel I: Op soek na ʼn beter pad …

  1. Onverkwiklike gesprekke oor ʼn wonderlike geskenk – is daar dalk ʼn beter pad?
  2. Meer as ʼn teken – wat regtig by die doop gebeur
  3. Die BEM-verslag: ʼn merkwaardige konsensus oor die betekenis van die doop
  4. Jesus se opdrag aan ons om te doop – en wat ons kan leer van sy eie doop

Deel II: Die vyf gawes wat ons by die doop ontvang

  1. By die doop word ons met Jesus verenig
  2. By die doop ontvang ons vergifnis van sonde en ʼn nuwe (morele) lewensoriëntasie
  3. By die doop ontvang ons die Heilige Gees
  4. By die doop word ons ook verbind met die liggaam van Jesus, die kerk
  5. By die doop word ons geroep tot diens in die koninkryk.

Deel III: Praktyk – hoe ʼn bediening lyk waarin die doop sy regmatige plek kry

  1. Voor ons begin doop – hoe ons oor die doop dink, wat ons daaroor glo en hoe ons daaroor praat
  2. Wanneer ons doop – die bediening en viering van die doop self in die eredienste
  3. Ná die doop – doop, lering en formasie

Bylaes

  1. Hoekom ons ook die kinderdoop aanvaar
  2. Oorsig oor Ontvang wat vir jou gegee is

Gaan saam met twee aanvullende boeke vir gemeentes en groepe:

SKRYWER: Coenie Burger is ʼn bekende teoloog en het reeds verskeie boeke geskryf. Tans is hy by Communitas, waar hy verantwoordelik is vir die Voortgesette Bedieningsontwikkeling van leraars in die Wes-Kaap. Hy is ook direkteur van Ekklesia, ʼn ekumeniese sentrum aan die US vir leierskapsontwikkeling en gemeentedienste.

Andries Cilliersis predikant in die NG gemeente Sonstraal, Durbanville. Hy is ʼn gewilde prediker en ervare skrywer.

Additional information

Formaat

Gedrukte boek, Elektroniese PDF