Ontvang wat vir jou gegee is: 40-dae-program

R90.00

Christus self het die doop aan ons gegee as ’n sakrament waarin Hy teenwoordig is en na ons toe kom met al die gawes wat Hy deur sy lewe en dood vir ons verwerf het. Ons hoef niks te doen om hierdie gawes te verdien nie. Ons kan dit maar net ontvang, en geloof is die leë hande waarmee ons die gawes vir ons toe-eien.

Dié studiegids is ontwikkel om gebruik te word saam met die uitgebreide boek Ontvang wat vir jou gegee is (deur dieselfde skrywers).

Gaan saam met twee aanvullende boeke vir gemeentes en groepe:

SKU: 9780864877512 Categories: , , , , ,

Description

SUBTITEL: Hoe die doop ons kan leer om met Christus te leef

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 172

OPSOMMING: Christus self het die doop aan ons gegee as ’n sakrament waarin Hy teenwoordig is en na ons toe kom met al die gawes wat Hy deur sy lewe en dood vir ons verwerf het. Ons hoef niks te doen om hierdie gawes te verdien nie. Ons kan dit maar net ontvang, en geloof is die leë hande waarmee ons die gawes vir ons toe-eien.

Dié studiegids is ontwikkel om gebruik te word saam met die uitgebreide boek Ontvang wat vir jou gegee is (deur dieselfde skrywers).

Met hierdie 40-dae-program kyk die skrywers vanuit gedeeltes in Matteus se Evangelie na die doop. Dan staan hulle ʼn week lank stil by elk van die vyf gawes wat ons by die doop ontvang.

  • Deur die doop word ons met Jesus verenig.
  • Deur die doop ontvang ons vergifnis van sonde en ’n nuwe manier van leef.
  • Deur die doop ontvang ons die Heilige Gees.
  • Deur die doop word ons verbind met die liggaam van Jesus – dit is die kerk.
  • Deur die doop word ons geroep tot diens in die koninkryk.

INHOUD:

Inleiding

Week 1: Is die doop dalk belangriker as wat ons gedink het?

Week 2: Deur die doop word ons met Jesus verenig

Week 3: Deur die doop ontvang ons vergifnis, wassing en ’n nuwe lewensoriëntasie

Week 4: Die gawe van die Heilige Gees

Week 5: Ingelyf by die liggaam van Christus

Week 6: Die doop as teken van die koninkryk

Bylae 1

Oorsig oor Ontvang wat vir jou gegee is.

Gaan saam met twee aanvullende boeke vir gemeentes en groepe:

SKRYWER: Coenie Burger is ʼn bekende teoloog en het reeds verskeie boeke geskryf. Tans is hy by Communitas verantwoordelik vir die Voortgesette Bedieningsontwikkeling van leraars in die Wes-Kaap en direkteur van Ekklesia, ʼn ekumeniese sentrum aan die US vir leierskapsontwikkeling en gemeentedienste.

Andries Cilliers is predikant in die NG gemeente Sonstraal, Durbanville. Hy is ʼn gewilde prediker en ervare skrywer.