Ontmoet jou Moslemvriend

R149.99

Inleiding tot die Islamgeloof en Christelike riglyne om ’n brug van vriendskap met Moslems te bou

– Hoe het die Islam ontstaan?
– Wat is hulle leer?
– Watter verskillende groepe en bewegings vorm deel van die Islam?
– Hoe verskil die Bybel en die Koran van mekaar?
– Wat is die Bybel se antwoorde op die besware van die Islam?
– Hoe kan Christene op ’n respekvolle manier gesprekke met Moslems voer?

Dit is maar ’n paar van die vrae waarop dr Andreas Maurer, ’n teoloog met baie ervaring van ontmoetings tussen Christene en Moslems, duidelike antwoorde gee. Maurer sien die verspreiding van die Islam deur die wêreld nie as ’n bedreiging nie, maar as ’n uitdaging aan die Christelike kerk.

Maurer bied hier ’n kompakte en maklik verstaanbare oorsig oor die Islam-geskiedenis, die leer en godsdienstige agtergrond van die Islam en die verskillende groepe en bewegings binne die Islam. Die belangrikste bydrae van Ontmoet jou Moslemvriend lê egter in die riglyne wat hy aan lesers bied oor hoe om ’n brug van vriendskap na hulle Moslemvriende te bou.

SKU: 9781776160358 Categories: ,

Description

SUBTITEL: Riglyne vir respekvolle gesprek

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 272

OPSOMMING: Inleiding tot die Islamgeloof en Christelike riglyne om ’n brug van vriendskap met Moslems te bou

– Hoe het die Islam ontstaan?
– Wat is hulle leer?
– Watter verskillende groepe en bewegings vorm deel van die Islam?
– Hoe verskil die Bybel en die Koran van mekaar?
– Wat is die Bybel se antwoorde op die besware van die Islam?
– Hoe kan Christene op ’n respekvolle manier gesprekke met Moslems voer?

Dit is maar ’n paar van die vrae waarop dr Andreas Maurer, ’n teoloog met baie ervaring van ontmoetings tussen Christene en Moslems, duidelike antwoorde gee. Maurer sien die verspreiding van die Islam deur die wêreld nie as ’n bedreiging nie, maar as ’n uitdaging aan die Christelike kerk.

Maurer bied hier ’n kompakte en maklik verstaanbare oorsig oor die Islam-geskiedenis, die leer en godsdienstige agtergrond van die Islam en die verskillende groepe en bewegings binne die Islam. Die belangrikste bydrae van Ontmoet jou Moslemvriend lê egter in die riglyne wat hy aan lesers bied oor hoe om ’n brug van vriendskap na hulle Moslemvriende te bou.

SKRYWER: Andreas Maurer het baie ervaring in intergodsdienstige dialoog met mense uit verskillende kulture, veral met Moslems van Europa, Afrika, Asië en die Arabiese lande. Hy is goed opgelei in missiologie en teologie en die skrywer van talle handboeke en artikels.