Onthou my

R220.00

Of God haar gebede verhoor, weet sy nie altyd nie, miskien omdat sy dikwels nie seker is wat sy eintlik van Hom wil vra nie. Ná drie jaar in ’n wêreldstad is Janine terug op die dorpie waar sy grootgeword het. Hier word sy en haar dogtertjies met ope arms ontvang deur haar oupa en ouma. Maar Janine is skuldig en skaam, haar lewe vertroebel deur selfverwyt en agterdog. Aan Bennie Kowalski wou sy jare lank skaars dink.

Wie wil in elk geval die onreg onthou wat jy iemand anders aangedoen het? Kan sy Bennie se vergifnis aanvaar? Kan sy ná alles wat sy hulle aangedoen het nog op haar grootouers se ondersteuning reken, en wat van die ander dorpsbewoners? Hoe weet sy wat hulle van haar dink?

Ou vriendskappe stel teleur, en dis moeilik om nuwe vriende te vertrou – veral wanneer Greg Walker weer sy opwagting maak. Met Onthou my sit Helena Hugo die verhaal uit haar gewilde Papierblomme voort, weer in die bekende Weskusdorp met al sy geliefde karakters.

SKU: 9780796322456 Categories: , , ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 288

OPSOMMING: Of God haar gebede verhoor, weet sy nie altyd nie, miskien omdat sy dikwels nie seker is wat sy eintlik van Hom wil vra nie. Ná drie jaar in ’n wêreldstad is Janine terug op die dorpie waar sy grootgeword het. Hier word sy en haar dogtertjies met ope arms ontvang deur haar oupa en ouma. Maar Janine is skuldig en skaam, haar lewe vertroebel deur selfverwyt en agterdog. Aan Bennie Kowalski wou sy jare lank skaars dink.

Wie wil in elk geval die onreg onthou wat jy iemand anders aangedoen het? Kan sy Bennie se vergifnis aanvaar? Kan sy ná alles wat sy hulle aangedoen het nog op haar grootouers se ondersteuning reken, en wat van die ander dorpsbewoners? Hoe weet sy wat hulle van haar dink?

Ou vriendskappe stel teleur, en dis moeilik om nuwe vriende te vertrou – veral wanneer Greg Walker weer sy opwagting maak. Met Onthou my sit Helena Hugo die verhaal uit haar gewilde Papierblomme voort, weer in die bekende Weskusdorp met al sy geliefde karakters.

SKRYWER: Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf topverkopers en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en vervolgverhale. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.