Ontdek jou plek in hierdie lewe (#imagine)

R40.35

Imagine die Here nooi jou uit om nuut te dink oor Hom en jouself – en só die regte jy en jou regte plek in hierdie lewe te ontdek.

SKU: 9781920089344 Category:

Description

FORMAAT: Boek

OPSOMMING: Imagine die Here nooi jou uit om nuut te dink oor Hom en jouself – en só die regte jy en jou regte plek in hierdie lewe te ontdek. Imagine jy ontdek wie jy volgens God se plan bedoel is om te wees. Imagine hoe jou lewe sal wees wanneer jy die plek vind wat God spesiaal vir jou geskep het. Jy hoef nie te imagine nie. God wil vir jou sê wie jy is en vir jou wys wat jou plek in sy plan is. Hy gee vir jou drie waarhede wat jou na die antwoord sal lei:
• God het jou na sy beeld geskep
• Jesus het jou verlos
• Die Heilige Gees maak jou nuut.
Maak hierdie waarhede deel van wie jy is. En mag hierdie boek jou help om jou Divine Design te ontdek en uit te leef.

INHOUD

Ontdek jou plek in hierdie lewe
Deel 1: God het jou na sy beeld geskep
Dag 1: Beeld van God
Dag 2: God se tempel
Dag 3: Divine Design
Dag 4: Jou doel in die lewe
Dag 5: Stilte

Deel 2: Jesus het jou verlos
Dag 6: Verlossing is vir sondaars
Dag 7: Die loon van die sonde omgekeer
Dag 8: Gekraakte spieëls
Dag 9: Met krake en al verlos
Dag 10: Lectio divina

Deel 3: Die Heilige Gees maak jou nuut
Dag 11: God se tempel herbou
Dag 12: ’n Nuwe identiteit
Dag 13: Metamorfose
Dag 14: Work in progress
Dag 15: Getuienis

SKRYWER
Rudolph Grobler is passievol daaroor om jongmense bewus te maak van die werklikheid van God in hulle lewe. Hy is getroud met Sanet. Hulle lewensvisie is om die lewe in vreugde en eenvoud met ander te deel. Rudolph is tans jeugleraar by Bergsig-gemeente in George.