Ons kyk na die donkiemaan

R190.00

Jeanne Henning Els glo dat ons lewe in stories vervat is. Die lewe is ‘n dagboek waarin ons meen om een storie te skryf, maar uiteindelik staan daar ‘n totaal ander een. Die rede is omdat die spektrum van die lewe die arena is waar mense hul lewe uitleef. Van hartseer en swaarkry en alleenwees tot gulle blydskap en ongekende voorspoed en warm samesyn.

In Ons kyk na die donkiemaan versprei Jeanne haar stories oor nege breë kategorieë. Sy vertel van oomblikke in die lewe wat nesmaak in mense se lewe, van gedagtes aan gister, oor weë van weelde en van mense rondom ons.

Daar is niemand wat jy nie sou kon liefkry as jy hul storie sou ken nie, glo sy. In die gewone lewe besef ons skaars dat ons baie meer ontvang as wat ons gee en dat dit net deur dankbaarheid is dat die lewe ryk word.

‘n Unieke deel van Ons kyk na die donkiemaan is die elf onderhoude wat sy met kunstenaars, ‘n hartchirurg, natuurliefhebbers, sakemanne en ‘n humoris gevoer het.

Ons leef in ‘n veelkleurige wêreld en Ons kyk na die donkiemaan open vir die leser ‘n venster op daardie wêreld.

SKU: 9781868044443 Category:

Description

SUBTITEL: Stories oor die lewe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 142

OPSOMMING: Jeanne Henning Els glo dat ons lewe in stories vervat is. Die lewe is ‘n dagboek waarin ons meen om een storie te skryf, maar uiteindelik staan daar ‘n totaal ander een. Die rede is omdat die spektrum van die lewe die arena is waar mense hul lewe uitleef. Van hartseer en swaarkry en alleenwees tot gulle blydskap en ongekende voorspoed en warm samesyn.

In Ons kyk na die donkiemaan versprei Jeanne haar stories oor nege breë kategorieë. Sy vertel van oomblikke in die lewe wat nesmaak in mense se lewe, van gedagtes aan gister, oor weë van weelde en van mense rondom ons.

Daar is niemand wat jy nie sou kon liefkry as jy hul storie sou ken nie, glo sy. In die gewone lewe besef ons skaars dat ons baie meer ontvang as wat ons gee en dat dit net deur dankbaarheid is dat die lewe ryk word.

‘n Unieke deel van Ons kyk na die donkiemaan is die elf onderhoude wat sy met kunstenaars, ‘n hartchirurg, natuurliefhebbers, sakemanne en ‘n humoris gevoer het.

Ons leef in ‘n veelkleurige wêreld en Ons kyk na die donkiemaan open vir die leser ‘n venster op daardie wêreld.

SKRYWER: Jeanne Henning Els