Om uit genade te leef

R165.00

Malan Nel, bekende teologieprofessor en skrywer, glo oorwinning is eintlik niks anders nie as om uit genade te leef. Dit is nie om alles volmaak reg te kry nie. In hierdie boek kyk hy na verskillende aspekte, of perspektiewe, van oorwinning: vrede, vergifnis, diensbaarheid, liefde, geloof en hoop.

SKU: 9781415341155 Category:

Description

SUBTITEL: Beleef jou oorwinning in Christus

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 160

OPSOMMING: Ons wêreld is vol gebrokenheid, en gelowiges spring dit nie vry nie. Hoe leef ons oorwinnend te midde van dinge soos gebroke verhoudings, siekte, die dood van ’n geliefde, skaamte of die teleurstelling van sonde wat ons maar net nie wil los nie? Malan Nel, bekende teologieprofessor en skrywer, glo oorwinning is eintlik niks anders nie as om uit genade te leef. Dit is nie om alles volmaak reg te kry nie. Ook nie om minder sonde te hê of te doen as ander mense, of om daarin te slaag om op te hou met verkeerde dinge in ons lewe nie, want dan veg ons ’n verlore stryd. Dit is eerder om in God se teenwoordigheid te leef en elke dag te ontdek wat dit beteken dat Iemand – ons Vader in Christus – by ons is. In hierdie boek kyk hy na verskillende aspekte, of perspektiewe, van oorwinning: vrede, vergifnis, diensbaarheid, liefde, geloof en hoop. Ontdek saam met die skrywer die geheim van oorwinning: Om as gelowiges te leef vanuit ’n liefdesverhouding met ons Vader, ’n verhouding wat Hy in Christus herstel het.

SKRYWER
Malan Nel is tans buitengewone professor in praktiese teologie aan die Universiteit van Pretoria. Hy het in 2012 afgetree as direkteur van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by dieselfde universiteit. Hy spesialiseer in gemeentebou, evangelistiek, jeugbediening en geloofsontwikkeling. Malan was tydens sy beroep betrokke by talle gemeentes dwarsoor Suid Afrika en preek byna weekliks nog iewers in die land.