Om te mag twyfel

R151.32

’n Gelowige se reis

“Ek skryf hierdie boek vir mense soos ek: mense wat soms met geloof sukkel, mense wat nie elke dag ewe goed glo nie en mense wat hul geloof beslis nie as ‘n prestasie kan aanbied nie.”

SKU: 9780624049623 Category:

Description

SUBTITEL: ’n Gelowige se reis

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 119

OPSOMMING: ‘Twyfel’ en ‘gelowige’, twee woorde wat in die titel van die boek gebruik word, lyk oënskynlik asof hulle mekaar weerspreek. Maar in sy jongste boek probeer Julian Müller presies hierdie twee woorde ten nouste met mekaar in verband bring: veral gelowige mense twyfel. Hyself dien as voorbeeld.

Reeds in die Inleiding tot sy werk, dui hy aan dat hy iets van ‘n outobiografie aanpak. Dis egter nie ‘n sistematiese uiteensetting van sy lewensverhaal nie. Veel eerder nooi hy die leser uit om saam met hom op sy geloofsreis te gaan en om by sekere beslissende momente stil te staan en na te dink oor wat gebeur het.

Die boek het as’t ware twee gedeeltes: van hoofstuk 1-5 vertel Müller sy persoonlike verhaal, en vanaf hoofstuk 6-9 maak hy meer algemene opmerkings oor geloof, God en hoe ‘n mens voorstelle van God in ‘n moderne wetenskaplike wêreld kan integreer sonder om jou geloof prys te gee.

Metafories vir Müller se persoonlike geloofsreis reis is die verhaaltjie van ‘n Vendaseun en sy vier honde wat op ‘n soektog na heuning gegaan het – drie van die honde was sterk en gesond, die vierde ene lam. Die seun loop van kraal tot kraal op soek na beter dinge, maar aan die einde van sy reis, as hy by die beste moontlikheid uitkom, word sy lewe bedreig. Uiteindelik is dit nie die drie sterk honde wat hom red nie, maar die lam hond. ‘n Verhaal dus met ‘n verrassende wending aan die einde!
So beskryf Müller ook sy geloofsreis: in nie een van die ‘krale’ kry hy wat hy soek nie, en ook sy geloofstorie vertel van die ‘redding van die lam hond’.

SKRYWER

Julian Muller