Description
SUBTITEL: 30 musiek-stories. Al sal die vyeboom nie bot nie
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 52
OPSOMMING: ʼn Bundel musiek-stories wat oor die jare heen versamel is. Daar is stories uit die lewe van groot komponiste, liedskrywers en uitvoerende kunstenaars, en stories wat vir ons wys watter groot en positiewe invloed musiek op ons lewe kan hê.
Hierdie stories sal ons as Jesus-volgelinge inspireer om in goeie tye én in slegte tye só te leef dat alles wat ons doen tot eer van God alleen sal wees. Dit sal ons aanspoor om nooit op te hou sing nie, al gebeur wat in ons lewe.
Mag hierdie stories jou ore vir God se “oraloor-musiek” oopmaak en jou siel voed.
UNIEKE VERKOOPPUNTE
- Spesiaal uitgegee om saam te val met die massa-saamsingbyeenkoms “Dis Tyd om te Sing” op 8 September 2018 in die Kaapstadse Stadsaal.
- Kan gekoop word as ʼn herdenking aan hierdie besonderse geleentheid.
- Die inspirasie agter hierdie boek is die woorde van Habakuk 3:17-19.
- Musiek-stories om oud en jonk te inspireer en te herinner aan die groot invloed wat musiek op ons lewe het.
INHOUD
30 musiek-stories. Dit sluit in stories uit die lewe van groot en bekende komponiste, liedskrywers en uitvoerende kunstenaars, maar ook stories wat vir ons vertel van die groot invloed wat musiek op ons almal se lewe kan hê.
SKRYWER
Ewald van Rensburg spesialiseer in jeug- en familiebediening. Hy is predikant by die Somerset-Wes Familiekerk in die Wes-Kaap. Hy het al heelwat boeke geskryf én pryse daarvoor ontvang.