Naby die kruis

R150,00

Naby die kruis is ’n boek vir luisterend stilword in Lydenstyd.

Die sewe persoonlike luister-meditasies sal jou help om Jesus se lyding ten volle te verstaan. Dit sal jou diep bewus maak van die betekenis van Jesus se lyding vir jou lewe. Jy sal opnuut ontdek: In Jesus het God ons bereik. In Jesus het God ons verlos. Ons kan dit as ’n geskenk ontvang, ons kan dit glo en ons kan daaroor bly wees.

Die 7 persoonlike stilwordtye sal diepte verleen aan die gesprekke en insig wat uit die 7 groepbyeenkomste voortvloei.

SKU: 9781991234278 Categories: , , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: ’n Stilword-reis oor Jesus se lyding

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 96

OPSOMMING: Naby die kruis is ’n boek vir luisterend stilword in Lydenstyd.

Die sewe persoonlike luister-meditasies sal jou help om Jesus se lyding ten volle te verstaan. Dit sal jou diep bewus maak van die betekenis van Jesus se lyding vir jou lewe. Jy sal opnuut ontdek: In Jesus het God ons bereik. In Jesus het God ons verlos. Ons kan dit as ’n geskenk ontvang, ons kan dit glo en ons kan daaroor bly wees.

Die 7 persoonlike stilwordtye sal diepte verleen aan die gesprekke en insig wat uit die 7 groepbyeenkomste voortvloei.

INHOUD:

Inleiding
Meditasie oor die Heilige Skrif
Leer deur te doen
Oefeninge

Sewe persoonlike luister-meditasies
Oor Jesus se lyding
Week 1-7

Riglyne vir sewe groepbyeenkomste
Oor Jesus se lyding volgens Markus, Johannes en Jesaja
Byeenkoms 1-7

Riglyne vir groepleiers

SKRYWER: Willem Nicol het ʼn doktorsgraad in Nuwe Testament en in Sistematiese Teologie. Hy was 33 jaar lank studenteleraar vir die NG Kerk in Pretoria. Daarna het hy ʼn vryskutpredikant geword om op die kontemplatiewe kant van spiritualiteit te fokus. Hy het reeds talle boeke oor hierdie onderwerp gepubliseer. Willem het ʼn passie vir ʼn leefstyl met ʼn bewussyn oop vir die Here. Hy is getroud met Joke en hulle het drie getroude kinders.