’n Soort van bevryde vrou

R260.00

Zoe is ’n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Sy is nou wel een van die wulpse Lombaardniggies, maar sy het nie ’n man nodig om vir haar vlerke te gee nie. Haar ma en Swietiepie, ’n brak sonder ’n pedigree, is egter old school en kritiseer haar graag – verál Zoe se losloopleefstyl. Haar ma sal selfs betaal sodat daar “’n man” op die sitplek langs haar dogter kan plaasneem. Zoe het egter ’n heimlike begeerte om ook ’n soortgelyke liefde soos Lucy, ook bekend as Funky Feetjie, en dié se man, Billy, te ervaar. Sodat sy ook happy familyfoto’s op Facebook kan post. Dis tyd vir dié late bloomer om koers te kry. Zak, die wannabe danser, kan dalk die antwoord op almal se drome wees. Zander verskyn ook op die horison. Hy skryf moord- en doodslagboeke en is nou op sy derde vrou. ’n Man om te vermy. Maar ook ’n man wat haar verstand stil soen. Sal sy die regte besluit kan neem? Indien nie, sal sy ’n tweede kans kry om haar foute reg te stel?

SKU: 9780624087663 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 256

OPSOMMING: Zoe is ’n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Sy is nou wel een van die wulpse Lombaardniggies, maar sy het nie ’n man nodig om vir haar vlerke te gee nie. Haar ma en Swietiepie, ’n brak sonder ’n pedigree, is egter old school en kritiseer haar graag – verál Zoe se losloopleefstyl. Haar ma sal selfs betaal sodat daar “’n man” op die sitplek langs haar dogter kan plaasneem. Zoe het egter ’n heimlike begeerte om ook ’n soortgelyke liefde soos Lucy, ook bekend as Funky Feetjie, en dié se man, Billy, te ervaar. Sodat sy ook happy familyfoto’s
op Facebook kan post. Dis tyd vir dié late bloomer om koers te kry. Zak, die wannabe danser, kan dalk die antwoord op almal se drome wees.
Zander verskyn ook op die horison. Hy skryf moord- en doodslagboeke en is nou op sy derde vrou. ’n Man om te vermy. Maar ook ’n man wat haar verstand stil soen. Sal sy die regte besluit kan neem? Indien nie, sal sy ’n tweede kans kry om haar foute reg te stel?

SKRYWER
Kristel Loots het sorgvrye kinderdae gehad as een van die klipgooiers van Despatch. Hier het haar verwondering met die mensdom begin
en sy het stories daaroor begin skryf. Sy skryf vir jare al tydskrifverhale en het romanses en romans, insluitend Die engel rook skelm en Troukoek maak nie vet nie op haar kerfstok. Sy woon in die Kaap.