’n Sonneblom vir elke dag

R260.00

Die wêreld het meer sonneblommense nodig – mense wat hulle koppe na die Son toe draai, mense wat meer en meer soos die Son wil wees – eerder as giftige ivies, stink Afrikaners, stekelrige kaktusse, knieserige rosies of klaende hangkop wilgers.

Transformasie begin as ons ons deel begin doen en verantwoordelikheid aanvaar om ons negatiewe gedagtes elke dag bewustelik by die alomteenwoordige Son te vernuwe. Ons moet onsself daagliks toewy in die bestudering van die Meester Sonneblom se lieflike kwaliteite en meer van die vrug van sy liefdevolle genadige gees te kweek deur ons gedagtes by hom te vernuwe. Om ou negatiewe gewoontes en denke af te breek vra baie herhaling en volharding.

Kom ons maak dit ons doel om elke dag ‘n rapsie meer na Jesus se voorbeeld van christenskap en menswees te lyk. Met hierdie 260 sonneblom dagstukkies nooi Susan jou uit na ‘n avontuur van sonsoek – al agter die Son aan. Geniet die sonneblomreis.

SKU: 9780796322784 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: 260 dagstukkies

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 272

OPSOMMING: Die wêreld het meer sonneblommense nodig – mense wat hulle koppe na die Son toe draai, mense wat meer en meer soos die Son wil wees – eerder as giftige ivies, stink Afrikaners, stekelrige kaktusse, knieserige rosies of klaende hangkop wilgers.

Transformasie begin as ons ons deel begin doen en verantwoordelikheid aanvaar om ons negatiewe gedagtes elke dag bewustelik by die alomteenwoordige Son te vernuwe. Ons moet onsself daagliks toewy in die bestudering van die Meester Sonneblom se lieflike kwaliteite en meer van die vrug van sy liefdevolle genadige gees te kweek deur ons gedagtes by hom te vernuwe. Om ou negatiewe gewoontes en denke af te breek vra baie herhaling en volharding.

Kom ons maak dit ons doel om elke dag ‘n rapsie meer na Jesus se voorbeeld van christenskap en menswees te lyk. Met hierdie 260 sonneblom dagstukkies nooi Susan jou uit na ‘n avontuur van sonsoek – al agter die Son aan. Geniet die sonneblomreis.

SKRYWER: Susan Coetzer is bekend as aktrise, motiveringspreker en skrywer. Haar roman, Oros vir die siel, het meer as 30 000 eksemplare verkoop. Die afgelope paar jare maak sy naam deur voor hoofsaaklik vrouegehore op te tree. Sy woon in Johannesburg en het een seun en een kleinseun.