Description
SUBTITEL: 366 dagstukkies
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 400
OPSOMMING: Spreuke 3: 5-7 “Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. Moenie jou eie wysheid oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is.”
Aletté Winckler, influencer, voorkomskonsultant, Christenleier, vrou en ma neem jou op ‘n 366 dae reis nader aan God. Sy daag elke vrou uit om die Here te vertrou in elke aspek van hulle lewe: ma-wees, finansies, die toekoms, negatiewe gedagtes, selfbeeld, beserings, loopbaan en nog soveel meer.
So help Aletté jou om God se palet vol vreugde vir elke dag te ontdek.
SKRYWER: Aletté het ’n graad in joernalistiek en is ’n gepubliseerde skrywer, motiveringspreker, liedjieskrywer, TV-aanbieder en stylkonsultant. Aletté en Heinz is die trotse ouers van vier pragtige kinders. Hulle woon in Somerset-Wes, Wes-Kaap.