’n Bietjie reën

R170.00

Die titel van hierdie boek is ontleen aan die liedjie “Stuur groete aan Mannetjies Roux”, geskryf deur Christopher Torr en gesing deur Laurika Rauch, ’n lied wat in ons harte kom nesskop het. Want ons is boere. Ons ken die reuk van diesel met Afrika se son en die skoonheid van omgeploegde lande in die oggenddou.

Hierdie boek met sy dagstukkies is verpak onder verskillende geloofsgewoontes en word spesiaal opgedra aan ons boeregemeenskap.

Boere, en dit sluit hulle vroue en kinders in, is ’n uitsonderlike familie wat in unieke omstandighede leef. Hulle leef naby aan die natuur en voorsien in hulle daaglikse behoeftes deur wat hulle verbou. Dit sluit die soet en die suur in; soms is dit te warm en ander kere reën dit te veel; soms is die markpryse só dat jy eintlik moet inbetaal om jou produk verkoop te kry, en ander kere kan jy breed glimlag oor goeie pryse.

Een kenmerk van ons boere is dat hulle naby aan God en aan die natuur leef. Enige gesprek in ’n boerderygemeenskap draai kort voor lank oor geloof. Dit is geloof alleen wat boere oor die grondpaaie dra. Hulle glo in biddae vir reën, bid vir hulp aan medeboere wat in droogtes in ’n skuldlas verstrik raak en is gebedsmense wat saam droom oor goeie oeste.

Hierdie boek wil ’n bydrae lewer op die reis van hierdie uitsonderlike boerefamilie. Dit is egter ook só geskryf dat enigeen – al is hulle nie boere nie – wat graag tydens hulle eie reis wil verdiep en groei ook waarde daaruit sal put.

SKU: 9781776160341 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Om met wysheid voor God te leef

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 268

OPSOMMING: Die titel van hierdie boek is ontleen aan die liedjie “Stuur groete aan Mannetjies Roux”, geskryf deur Christopher Torr en gesing deur Laurika Rauch, ’n lied wat in ons harte kom nesskop het. Want ons is boere. Ons ken die reuk van diesel met Afrika se son en die skoonheid van omgeploegde lande in die oggenddou.

Hierdie boek met sy dagstukkies is verpak onder verskillende geloofsgewoontes en word spesiaal opgedra aan ons boeregemeenskap.

Boere, en dit sluit hulle vroue en kinders in, is ’n uitsonderlike familie wat in unieke omstandighede leef. Hulle leef naby aan die natuur en voorsien in hulle daaglikse behoeftes deur wat hulle verbou. Dit sluit die soet en die suur in; soms is dit te warm en ander kere reën dit te veel; soms is die markpryse só dat jy eintlik moet inbetaal om jou produk verkoop te kry, en ander kere kan jy breed glimlag oor goeie pryse.

Een kenmerk van ons boere is dat hulle naby aan God en aan die natuur leef. Enige gesprek in ’n boerderygemeenskap draai kort voor lank oor geloof. Dit is geloof alleen wat boere oor die grondpaaie dra. Hulle glo in biddae vir reën, bid vir hulp aan medeboere wat in droogtes in ’n skuldlas verstrik raak en is gebedsmense wat saam droom oor goeie oeste.

Hierdie boek wil ’n bydrae lewer op die reis van hierdie uitsonderlike boerefamilie. Dit is egter ook só geskryf dat enigeen – al is hulle nie boere nie – wat graag tydens hulle eie reis wil verdiep en groei ook waarde daaruit sal put.

WAT ANDER SÊ OOR ’N BIETJIE REËN
Om te sê jy moet hierdie boek lees, is heeltemal te min gesê. Ja, jy moet! Maar ek moet meer as dit sê, want hierdie boek het my asem weggeslaan. Dit is regtig lewensveranderend. Willem Pretorius maak op elke bladsy ruim vensters op God se goedheid oop. Hy leer jou hoe om jou geloof prakties in te oefen en uit te leef. Dit is vars; dit is aktueel. Dit is ’n moet-lees-boek.

Prof Stephan Joubert, e-Kerk
Dit voel kompleet of ’n mens ’n graaf diep in die leivoor steek en water op ’n nuwe akker uitkeer. By die lees van ’n Bietjie reën weet jy dat jy met mense te doen het wat ’n hart vir die boeregemeenskap het. Hulle praat die taal van die grond en verstaan hoe boere wag op reën. Jy is saam benoud of hoopvol oor die plant van gewasse en bly oor die oes wat inkom. Ek is seker dit sal nuwe water uitkeer oor die geloofslewe van lesers en ’n ryk oes oplewer!

Prof Nelus Niemandt, Fakulteit Teologie en Religie, Universiteit van Pretoria

Die Bybel praat deur wonderlike metafore in landboutaal; God word immers voorgestel as die Groot Boer wat met genade boer. Om hierdie rede behoort die dagstukkies in ’n Bietjie reën vir ons elkeen van onskatbare waarde te wees. Mag dit wonderlike vrug en ’n geestelike oes meebring vir elkeen wat dit lees.

Dr Gustav Claassen, Algemene Sekretaris, Nederduitse Gereformeerde Kerk.

INHOUD
Die vier temas en geloofsgewoontes van ’n Bietjie reën:
Oestyd: Drink koffie
Planttyd: Pluk ’n blom
Stilwordtyd: Skop jou skoene uit
Boeregasvryheid: Maak oop jou deur
Groepsgewoonte vir groepe of gemeentes:
Wandel deur die Woord
’n Bietjie reën is ingedeel in 20 weke en vir elke week is daar 6 dagstukke.

Samesteller en skrywer: Willem Pretorius van die Familiekerk, NG Kameeldrif.

Skrywers: Thinus Benadé, Hannes Bezuidenhout, Gustav Claassen, Fanie Cronjé, Christo de Klerk, Jan de Man, Liesel Krause-Wiid, Marco la Grange, Danie Mouton, Koos Nel, Norma Rossouw, Roelf Opperman, Willem Pretorius, Fritz Snyman, Drian Viljoen, Johann Voges.