Description
SUBTITEL: Voorheen My Doenboek Graad 1
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 48
OPSOMMING: In hierdie Doenboek ontdek die kinders:
- wie God is en wat God doen
- hoe wonderlik God hulle gemaak het
- hoe hulle deel van God se groot verhaal vorm
- hoe hulle al hoe meer soos Jesus kan word.
By elke ontmoeting is daar ʼn aktiwiteit wat die kinders kan doen en ʼn prent wat hulle kan inkleur.
Voorbeeld van Graad 1 – Doenboek
Graad 1 Doenboek word gebruik saam met Graad 1 Leiersgids.
Unieke verkoopspunte
- Spesifiek ontwikkel vir kategese deur die Kategese-taakspan van die Sinode
- Leiersgids bevat die volledig uitgewerkte aanbieding van elke ontmoeting
- Die Doenboek vir die jongmense is aangepas met aktiwiteite wat by hulle moderne leefstyl inpas
INHOUD
Die leiersgids bestaan uit 21 ontmoetings wat soos volg ingedeel word:
- Dit begin met ’n ontmoeting waar die kinders verwelkom word en waar die nodige administrasie afgehandel word.
- Daar is ’n aantal ontmoetings oor die skepping:
- God het alles goed gemaak
- God het my wonderlik gemaak
- Dan is daar ontmoetings wat spesifiek oor die feestye van die kerklike jaar handel:
- Koninkrykstyd
- God kyk anders
- Lydenstyd
- Jesus, die anderste Koning
- Sing en sing en sing dan saam
- Paasfees
- Jesus word gekruisig
- Jesus leef!
- Die evangelie in kleur
- Hemelvaart
- Hemel toe
- Pinkster
- Veels geluk, liewe kerk
- Met die Gees in ons
- Dit word opgevolg met ’n aantal ontmoetings oor die aartsvaders:
- Verbondskind
- Wees ʼn seën
- God sorg
- Moenie bang wees nie
- Dan is daar ’n ontmoeting oor die ballingskap:
- Daniël en die leeus
- Aan die einde van die jaar gee ons aandag aan Jesus se lewe:
- Luister en doen
- Min vir baie
- Jesus is lief vir my
- Jesus word gebore (Kersfees)
Elke ontmoeting sluit af met gebedstyd.
SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.