Mosaïek van mense (e-Boek)

R45.00

Van Barth tot Buti, van Boshoff tot Mandela – só uiteenlopend is die groot geeste wat Nico Smith se pad oor ses dekades vanaf Afrika tot in Europa en terug gekruis het. Dié mosaïek van mense het Smith help maak wat hy vandag is.

Klik hier vir die sagteband

Description

SUBTITEL: Ontmoetings wat my denke en lewe radikaal verander het

FORMAAT: Elektroniese boek in die ePub-formaat

BLADSYE: 360

OPSOMMING:  Sommige ontmoetings was eenmalig, ander feitlik lewenslank. Dié mosaïek van mense het Smith help maak wat hy was: die stormvoëls wat vreesloos stelling ingeneem het teen ongeregtigheid; dié wat nie kans gesien het om meer te doen as om in die binnekamers te fluister nie en dié vir wie volk en kultuur onafskeidbaar van kerk en teologie was. Dan is daar ook dié buite die Afrikanerkring wat juis weens hul afstand die eerste vlammetjie van twyfel by ’n jong sendingsekretaris aangesteek het.

Oor dié ontmoetings en gesprekke het Smith volledig geskryf, nie om met die grotes wat hom by die naam geken het te smous nie, maar om ’n beduidende geskiedenis op te teken: enersyds dié van ’n enkeling wat halfpad deur sy lewe die moed gehad het om om te draai en stroom-op te swem, en andersyds dié van sy mense wat verkneg geraak het aan ’n ideologie – en daardeur ander verkneg het.

UITGEWER: Bybel-Media

SKRYWER

Tot op 80 was Nico Smith besonder produktief. Hy het sy opleiding as predikant van die NG Kerk aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Daarna was hy predikant in twee NG Kerk-gemeentes, sendeling onder die Vendas, Sendingsekretaris en dosent aan die Kweekskool op Stellenbosch. Hy het sy loopbaan as predikant afgesluit in ʼn swart gemeente in Mamelodi by Pretoria. Deur sy hele loopbaan heen het gesprekke met mense in die sentrum van sy werk gestaan. Sy lewe was intens verryk deur gesprekke met ander mense – mense wat soos hy gedink het, maar veral mense wat nié soos hy gedink het nie.