Mosaïek van Maria

R130.00

In hierdie boek gee sy dan vir haar lesers verskeie blikke op Maria. In die proses word daar vir ons nuwe moontlikhede en vars insigte gebore. En gebore is die woord wat alle gelowiges oor die hele spektrum van geloofstradisies aan Maria sal koppel. Want uit haar is ons Verlosser, Jesus Christus, gebore. 

SKRYWER: Lisel Joubert

SKU: 9780864879165 Categories: ,

Description

SUBTITEL: Miriam van Nasaret. Ingeweef in God se verhaal

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 132

OPSOMMING: Lisel Joubert vertel sy wou al lankal ʼn boek oor Maria skryf. Om verskeie redes: Sy is Jesus se ma, maar ook ʼn doodgewone meisie wat deur ʼn engel verras is. Sy is die vrou in die Jesusverhaal. Sy was nog altyd vir baie mense ʼn ware toonbeeld van geloof. Natuurlik dra sy ook ʼn stukkie gevaar in haar.

Ons ervaring is dat Maria die hele tyd in die agtergrond ís, maar dat niemand oor haar praat nie. Hoekom nie? Miskien oor die vrees dat sy dieselfde rol as heiliges in die Katolieke tradisies sal inneem.

Die grootste rede waarom Lisel Joubert oor Maria wou skryf, was egter haar nuuskierigheid. Sy wou verstaan wat met Maria gebeur het en sy wou weet wat Maria vandag vir ons oor God kan leer. Want Maria se verhaal gee ons inderdaad meer begrip van wie God is.

In hierdie boek gee sy dan vir haar lesers verskeie blikke op Maria. In die proses word daar vir ons nuwe moontlikhede en vars insigte gebore. En gebore is die woord wat alle gelowiges oor die hele spektrum van geloofstradisies aan Maria sal koppel.

Want uit haar is ons Verlosser, Jesus Christus, gebore.

SKRYWER
Lisel Joubert is ʼn teoloog en ­predikant in die NG gemeente Gansbaai. Sy het ʼn dok­tors­­graad in Ou Testament ver­werf. Haar pas­sie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christe­like tradi­sie. Sy is betrok­ke by teologiese afstandson­der­rig, veral in die dissi­pline van Kerkgeskiedenis. Lisel woon in Gansbaai saam met haar man en twee kinders.

Additional information

Formaat

Gedrukte boek, Elektroniese PDF