Mispa

R220.00

Die krag van Helena se skryfwerk lê in haar begrip vir mense en die alledaagse kwessies waarmee die meeste van ons worstel. Rapport
Die nuutste roman van topverkoperskrywer, Helena Hugo is ’n meesterlike vertelling van ’n gesin en die verhoudings tussen al die gesinslede, op ’n plaas in die hartjie van die Karoo, in 1893-1898.

SKU: 9780796319692 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 288

OPSOMMING: Die krag van Helena se skryfwerk lê in haar begrip vir mense en die alledaagse kwessies waarmee die meeste van ons worstel. Rapport
Die nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo is ’n meesterlike vertelling van ’n gesin en die verhoudings tussen al die gesinslede, op ’n plaas in die hartjie van die Karoo, in 1893-1898.
Dit is ’n geskiedkundige storie wat jou aan die einde van die lees daarvan, vir nog ’n paar hoofstukke sal laat wens.
Caroline is maar 30 jaar oud met die geboorte van haar agtste kind. Al waarop sy hoop, is om te sterf. Die kloof tussen haar en haar man, Willem, lyk onoorbrugbaar, die plaas ervaar droogte, en die nuwe baba kan sy net nie aanvaar nie. Dit alles met ’n broeiende oorlog op die horison.

SKRYWER
Die gewilde skrywer Helena Hugo skryf en regisseer radiodramas. Sy het reeds drie keer die eerste plek in die Sanlam/RSG-radiodramakompetisie gewen, en is ook met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon.