Mishandel, misbruik, misken

R290.00

Amor van der Westhuyzen, dogter van die berugte Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het, se kinderjare was ’n riller. Joey het haar enigste dogter fisiek, verbaal en emosioneel mishandel, toegelaat dat Amor se eie pa haar seksueel misbruik en haar geheel en al as mens misken. Joey het as beheervraat vir dekades haar dogter se lewe gemanipuleer en oorheers. Selfs jare nà Joey se dood moes Amor nog ly as gevolg van haar ma se dade.

Maar sy het die trauma danksy pure vasberadenheid oorleef. Amor is ’n diep gelowige mens wat die siklus van haat en geweld stopgesit het. Sy wil hoop gee aan ander vroue wat deur hul naastes verniel is.

SKU: 9780799379594 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Joey Haarhoff was my ma

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 224

OPSOMMING: Amor van der Westhuyzen, dogter van die berugte Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het, se kinderjare was ’n riller. Joey het haar enigste dogter fisiek, verbaal en emosioneel mishandel, toegelaat dat Amor se eie pa haar seksueel misbruik en haar geheel en al as mens misken. Joey het as beheervraat vir dekades haar dogter se lewe gemanipuleer en oorheers. Selfs jare nà Joey se dood moes Amor nog ly as gevolg van haar ma se dade.

Maar sy het die trauma danksy pure vasberadenheid oorleef. Amor is ’n diep gelowige mens wat die siklus van haat en geweld stopgesit het. Sy wil hoop gee aan ander vroue wat deur hul naastes verniel is.

SKRYWER: Carla van der Spuy is ’n bekroonde vryskutjoernalis en skrywer van niefiksieboeke, insluitend Mens of monster (2012) en Bloed op haar hande (2015) wat deur BooksLive gelys is as een van 2015 se mees verbysterende Suid-Afrikaanse ware-misdaad-boeke. Haar ongekompliseerde, openhartige gesprekke en haar gemaklike skryfstyl lei na indiepte, ware lewensverhale wat elkeen van haar lesers se hartsnare sal roer.