Martelize kook! Jy’s genooi

Sale!

R90.00

Martelize Brink was van kindsbeen af die uieskiller vir die Brinkspan. Met al die sakke uie wat haar pa, die potjiekoskoning, Matie Brink nodig gehad het vir sy enorme swart potte, was die leerskool beslis ’n opdraande pad. Dus is dit geen wonder dat sy vandag ’n bobaaskok en bakker is wat geure ken nie.

In dié boek bring die RSGomroeper en glanspersoonlikheid vir jou die heerlikste disse waarmee sy kuier met familie en vriende. Die versameling van meer as 80 resepte strek van plaaslikgebakte brode, uithanghappies, vis en seekos en watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye wat sy graag na ’n lang werkdag in haar warm kombuis geniet.

Die geregte is uniek, smaaklik en suiwer genot – wie het kon dink aan beeswange of spinasiepaneer vir die eetkamertafel? Iedere resep is getoets, gekeur en verspot maklik om te maak.

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 192

OPSOMMING: Martelize Brink was van kindsbeen af die uieskiller vir die Brinkspan. Met al die sakke uie wat haar pa, die potjiekoskoning, Matie Brink nodig gehad het vir sy enorme swart potte, was die leerskool beslis ’n opdraande pad. Dus is dit geen wonder dat sy vandag ’n bobaaskok en bakker is wat geure ken nie.

In dié boek bring die RSGomroeper en glanspersoonlikheid vir jou die heerlikste disse waarmee sy kuier met familie en vriende. Die versameling van meer as 80 resepte strek van plaaslikgebakte brode, uithanghappies, vis en seekos en watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye wat sy graag na ’n lang werkdag in haar warm kombuis geniet.

Die geregte is uniek, smaaklik en suiwer genot – wie het kon dink aan beeswange of spinasiepaneer vir die eetkamertafel? Iedere resep is getoets, gekeur en verspot maklik om te maak.

SKRYWER: Die bekroonde omroeper, Martelize Brink, het in 2004 haar stem vir die eerste keer op RSG laat hoor. Sy is op haar gelukkigste wanneer sy met vriende om ’n tafel kuier met lekker kos en wyn. Sy is lief vir kook en is verslaaf aan oefening. Sy is onlangs met ’n ATKV mediaveertje bekroon vir beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram.