Markus 1 – 8

R120.00

Markus se Evangelie is ʼn antwoord aan gelowiges op dié vrae wat ontstaan wanneer ons ly, swaarkry en vervolg word.

Op ʼn meesterlike manier maak Markus ons, sy lesers, toeskouers op die pad wat Jesus na die kruis geloop het. Ons weet natuurlik reeds van Jesus se opstanding uit die dood, maar Markus neem ons hier op ʼn pad waarop ons kan ontdek hoe bevrydend Jesus se lyding is.

Markus se doel is dat ons duidelik sal sien en goed sal verstaan dat Jesus God is, dat Hy ons beste belange op die hart dra, dat Hy vir ons omgee en dat Hy vir ons lief is. Hy laat ons die vreugde ontdek om onsself te verloën, ons kruis op te neem en agter Jesus aan te volg.

SKU: 9780864879080 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: Dofweg of duidelik? Mense onder druk kyk weer na die kruis. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 186

OPSOMMING: Markus se Evangelie is ʼn antwoord aan gelowiges op dié vrae wat ontstaan wanneer ons ly, swaarkry en vervolg word.

Op ʼn meesterlike manier maak Markus ons, sy lesers, toeskouers op die pad wat Jesus na die kruis geloop het. Ons weet natuurlik reeds van Jesus se opstanding uit die dood, maar Markus neem ons hier op ʼn pad waarop ons kan ontdek hoe bevrydend Jesus se lyding is.

Markus se doel is dat ons duidelik sal sien en goed sal verstaan dat Jesus God is, dat Hy ons beste belange op die hart dra, dat Hy vir ons omgee en dat Hy vir ons lief is. Hy laat ons die vreugde ontdek om onsself te verloën, ons kruis op te neem en agter Jesus aan te volg.

INHOUD

  1. ’n Voëlvlug (Mark 1:1-15)
  2. ’n Anderste koninkryk (Mark 1:16-31)
  3. ’n Wonderdoener? (Mark 1:32-45)
  4. Nog nooit gebeur nie! (Mark 2:1-12)
  5. ’n Einde aan die oue (Mark 2:13-22)
  6. Mense is belangriker as reëls (Mark 2:23 – 3:6)
  7. ’n Voortsetting van God se pad (Mark 3:7-19)
  8. Familie van God (Mark 3:20-35)
  9. God beantwoord ons vrae (Mark 4:1-20)
  10. God laat groei (Mark 4:21-34)
  11. In dieselfde bootjie (Mark 4:35-41)
  12. ’n Besetene voor die Allerhoogste (Mark 5:1-20)
  13. Bly maar net glo (Mark 5:21-43)
  14. Op pad saam met God? (Mark 6:1-13)
  15. ’n Feesmaal van die dood (Mark 6:14-29)
  16. ’n Feesmaal van die lewe (Mark 6:30-44)
  17. Jesus is God (Mark 6:45-52)
  18. Jesus oorbrug die kloof (Mark 6:53 – 7:23)
  19. ’n Mengelmoes mense (Mark 7:24-37)
  20. Verstaan julle nog nie? (Mark 8:1-21)
  21. Eers dof, later duidelik (Mark 8:22-33)

SKRYWERS

Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek.

Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.