Description
SUBTITEL: Kos uit die tuin vir die tafel
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 256
OPSOMMING: Op die agterstoep van Marianas eet ’n mens happie vir happie met ’n uitsig op die plek waar jou maaltyd gebore is – nou is dié lekkerte in ’n boek omskep. In 2000 het Mariana Esterhuizen en haar man Peter op die pragtige klein dorpie Stanford ’n restaurant – Marianas – oopgemaak. Sedertdien het dié restaurant een van die land se topeetplekke geword en is hulle maande vooruit vol bespreek met smulpape wat van heinde en verre soheentoe optrek.
Mariana volg die tuinnatafel beginsel en gebruik groente, vars kruie en vrugte uit haar eie tuin. Die pragstuk van ’n boek, ingedeel volgens die seisoene, bevat: gunstelinge uit Mariana se kinderdae, die restaurant se topdisse, gunstelinge uit die groentetuin, en gunstelinge van klassieke kokke (Mariana is ’n passievolle kookboekversamelaar). Resepte dek die volle spektum: artisjokgeregte, soppe, kerrievis, koekstruif met bessies, gemmerbier, en vyekonfyt &nsdash; alles selfgemaak!
Foto’s deur die bekende Stephen Inggs.
SKRYWER: Mariana Esterhuizen is een van SuidAfrika se bekendste kokke. In haar immergewilde Marianasrestaurant in Stanford sit sy vars en eerlike disse uit haar groot tuin aan ’n waarderende skare voor. Sy skryf vir Tastetydskrif en bied “trend”werkswinkels aan vir Woolworths.