Maak kontak

R65.00

In Maak kontak gee Chris van Wyk 20 leidrade wat gemeentes en groepe kan volg om kruiskulturele kontak te bevorder en dit op ʼn verantwoorde manier aan te pak.

SKU: 9780864878465 Categories: ,

Description

SUBTITEL: 20 Leidrade vir kruiskulturele kontak

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE:  48

OPSOMMING:  In Maak kontak gee Chris van Wyk 20 leidrade wat gemeentes en groepe kan volg om kruiskulturele kontak te bevorder en dit op ʼn verantwoorde manier aan te pak.

Navorsing wat oor intergroep-kontak en die vooroordele tussen groepe gedoen is, bewys dat intergroep-kontak inderdaad vooroordele kan verminder. In hierdie soort kontak steek ons nie net die grense tussen ons oor nie; deur die nuwe vriendskapsbande wat ons met mekaar sluit, vorm ons ook ʼn nuwe gemeenskap waarin ons die waardes van respekteer, luister, liefhê en omarm kan laat gedy.

INHOUD

Voorwoord

  1. Fokus op kruiskulturele kontak

Veranderlikes wat ’’n impak op vooroordele het

Intergroep-kontak verminder vooroordele

Isolasie en skeiding tussen groepe versterk vooroordele 

  1. Leidrade vir kruiskulturele kontak
  2. Maak die speelveld gelyk
  3. Erken ervarings wat uit vorige kontak voortvloei
  4. Ontvang protes as ‘n geskenk tot heling
  5. Bevraagteken etikette en gevestigde sosiale norme wat kontak verhinder
  6. Definieer duidelik gemeenskaplike doelwitte
  7. Skuif die fokus weg van intellektuele argumente
  8. Gebruik ‘n verhoudingsbou-aanslag
  9. Doen saam, werk saam, leef saam
  10. Reik doelbewus uit na mense in ander kontekste
  11. Ontgin vriendskapspotensiaal herhaaldelik
  12. Skuif van mededinging na samewerking en interafhanklikheid
  13. Kry goedkeuring en aanvaarding van gesagsdraers
  14. Begelei mense van oppervlakkige kennisse na hegter en langtermynvriende
  15. Stel mense voor aan ander wat reeds oor grense gaan
  16. Gebruik waardes eerder as skuld om angs te verminder
  17. Nooi mense om meer van hulleself te wys en te vertel
  18. Skep strukture wat kontak aktief bevorder
  19. Besin saam oor die bou van sosiale kapitaal op plaaslike vlak
  20. Maak plaaslik ‘n verskil
  21. Aanvaar saam verantwoordelikheid vir spesifieke behoeftes

SKRYWER
Chris van Wyk is ‘n leraar by die NG gemeente Somerstrand, Port Elizabeth. Sy passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. As skrywer of medeskrywer het hy al verskeie boeke by Bybel-Media gepubliseer soos Die vrou by die put, Barnabas, Gevorm deur die kruis en Jesus-verhale van menswaardigheid.