Luistervink

R220.00

‘n Verrassende kortverhaaldebuut deur ‘n jong skrywer van Bloemfontein. Marais is goed geskool in die klassieke Afrikaanse kortverhaal, maar bied vernuwing op vele vlakke. Elke verhaal bevat iets ongewoons, nie net wat betref taal en register nie, maar veral t.o.v. karakter en perspektief. Hoogtepunte sluit in “Brandoffer” (briewe aan ‘n ma), “Sinker” (oor ‘n seun wat op die rand van ‘n damwal huiwer) en “Driehonderdvyfensestig en ‘n kwart” oor ‘n jong vrou en man wat in die bad lê en oor die lewe tob.

Die bundel word baie hoog aangeskryf deur lesers.

Thys Human: “Veral opvallend is [die skrywer se] vermoë om bykans moeiteloos onder die vel van uiteenlopende karakters in te kruip . . . die verhale getuig van uiters belowende vertelvermoë, vakmanskap en woordgevoeligheid.”

Riana Scheepers: “Die stories laat my dink aan ‘n groot boom: indrukwekkend om na te kyk, maar nog meer opwindend om onder die blaredak die fyn takelwerk van vertakkings te sien wat die boom bóóm maak.”

Description

SUBTITEL: 13 Stories

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 176

OPSOMMING: ‘n Verrassende kortverhaaldebuut deur ‘n jong skrywer van Bloemfontein. Marais is goed geskool in die klassieke Afrikaanse kortverhaal, maar bied vernuwing op vele vlakke. Elke verhaal bevat iets ongewoons, nie net wat betref taal en register nie, maar veral t.o.v. karakter en perspektief. Hoogtepunte sluit in “Brandoffer” (briewe aan ‘n ma), “Sinker” (oor ‘n seun wat op die rand van ‘n damwal huiwer) en “Driehonderdvyfensestig en ‘n kwart” oor ‘n jong vrou en man wat in die bad lê en oor die lewe tob.

Die bundel word baie hoog aangeskryf deur lesers.

Thys Human: “Veral opvallend is [die skrywer se] vermoë om bykans moeiteloos onder die vel van uiteenlopende karakters in te kruip . . . die verhale getuig van uiters belowende vertelvermoë, vakmanskap en woordgevoeligheid.”

Riana Scheepers: “Die stories laat my dink aan ‘n groot boom: indrukwekkend om na te kyk, maar nog meer opwindend om onder die blaredak die fyn takelwerk van vertakkings te sien wat die boom bóóm maak.”

SKRYWER: Madré Marais is in 1987 in Bloemfontein gebore en word groot op ’n plaas in die SuidWesVrystaat.

Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Oranje en voltooi ‘n honneursgraad in linguistiek en ‘n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk, beide aan UV. Marais is ’n subredakteur vir Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante. Sy is die
ma van een seuntjie.