Loop saam

R50.00

Hierdie boek begelei kruisgroepe op ’n reis van saamloop met mekaar én oor grense heen loop. Want wanneer ons oor grense na mekaar uitreik en vir mekaar omgee, leer ons om mekaar met respek en liefde te hanteer. En dán sal die menswaardigheid van ons land se mense herstel word.

Description

SUBTITEL: Ontwikkel ʼn gemeenskap van volhoubare vriendskappe

FORMAAT: A5 Boek

AANTAL BLADSYE: 48

OPSOMMING:  Hierdie boek begelei kruisgroepe op ’n reis van saamloop met mekaar én oor grense heen loop. Want wanneer ons oor grense na mekaar uitreik en vir mekaar omgee, leer ons om mekaar met respek en liefde te hanteer. En dán sal die menswaardigheid van ons land se mense herstel word.

Loop saam bied aan kruisgroepe:

  • 8 geloofsgesprekke
  • voorstelle vir geloofsgewoontes om saam te beoefen, soos viering, Bybelstudie, daaglikse ondersoek, gasvryheid, geloofsgemeenskap, bemoediging en omgee.
  • voorstelle vir vriendskapsaktiwiteite, soos saam eet, saam praat, saam werk, saam lees, saam bid, saam stap, saam fliek, saam kerk toe gaan en saam sport kyk.

Loop saam help gelowiges om saam ʼn gemeenskap van volhoubare vriendskappe te skep en só die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid – respekteer, luister, liefhê en omarm – te lééf.

Sal ook later in Engels beskikbaar wees.

INHOUD
Inleiding

Samestelling van gespreksgroepe
Riglyne vir die proses
Riglyne vir die byeenkomste
Riglyne vir die leier

Byeenkoms 1: Viering (celebration)
Byeenkoms 2: Bybelstudie (Wandel in die Woord)
Byeenkoms 3: Daaglikse ondersoek (daily examen)
Byeenkoms 4: Gasvryheid
Byeenkoms 5: Geloofsgemeenskap
Byeenkoms 6: Bemoediging
Byeenkoms 7: Omgee
Byeenkoms 8: Die pad vorentoe

SKRYWERS
Chris van Wyk is ʼn leraar by die NG gemeente Somerstrand, Port Elizabeth. Sy passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. As skrywer of medeskrywer het hy al verskeie boeke by Bybel-Media gepubliseer soos Die vrou by die put, Barnabas, Gevorm deur die kruis en Jesus-verhale van menswaardigheid.

Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.