Ligvoets

R100.00

Dis asof die son in jou hart opkom wanneer jy Fourie Rossouw se skryfwerk lees. Innig, warm, met die gloed van duisend moontlikhede.

Sy skryfwerk is onopgesmuk en het ’n vae bekendheid wat jou intrek en sommer van meet af aan laat tuis voel. Deur die egtheid en eerlikheid van sy rubrieke beleef jy die soet melancholie van die lewe, maar dit is nooit sonder ’n skeut blymoedigheid nie.

Dit is ook asof Fourie se skryfwerk op papier eindig, maar nog lank in jou hart bly talm. Soos die goue gloed van ’n sonsopkoms.

Geniet hierdie keur van rubrieke deur ’n knap skrywer, storieverteller en predikant.

SKU: 9781776160921 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: Vir harte sonder heinings

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 104

OPSOMMING: Dis asof die son in jou hart opkom wanneer jy Fourie Rossouw se skryfwerk lees. Innig, warm, met die gloed van duisend moontlikhede.

Sy skryfwerk is onopgesmuk en het ’n vae bekendheid wat jou intrek en sommer van meet af aan laat tuis voel. Deur die egtheid en eerlikheid van sy rubrieke beleef jy die soet melancholie van die lewe, maar dit is nooit sonder ’n skeut blymoedigheid nie.

Dit is ook asof Fourie se skryfwerk op papier eindig, maar nog lank in jou hart bly talm. Soos die goue gloed van ’n sonsopkoms.

Geniet hierdie keur van rubrieke deur ’n knap skrywer, storieverteller en predikant.

SKRYWER: Fourie Rossouw is ’n storievertellende predikant in die Strand. Hy is getroud met Mareli en die trotse pa van twee woelwaters. Hy het ’n liefde vir die stad en ’n swakplek vir die platteland. Sy skryfwerk probeer die heiligheid van die alledaagse uitwys, maar moet oor die algemeen met ’n knypie sout gelees word.