Description
SUBTITEL: 366 dagstukke
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 392
OPSOMMING: Daar is Lig in die wêreld. Lééf daarom met God.
In ’n uitdagende wêreld is God se lig noodsaaklik. Cas Vos, afgetrede professor en skrywer lei jou in heerlike toeganklike taal met besondere insigte in die Bybel en deeglike uitleg daarvan.
Hy verhelder Skrifgedeeltes in Job, Jona, Prediker, die Psalms en ook die gelykenisse van Jesus. Hy betrek baie gedigte en vertalings van liedere wat vertroos en versterk.
Die 366 dagstukke sal jou lei om lig te loop op jou lewenspad.
SKRYWER: Cas Vos was die Dekaan van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria. In 1999 ontvang hy die Andrew Murray-prys en in 2001 word die Pieter van Drimmelen-medalje van die Akademie aan hom toegeken. In 1999 debuteer hy met Vuurtong. Intussen volg menige boeke, artikels, digbundels en vertalings van klassieke werke. Hy bly in Pretoria.