Description
SUBTITEL: U omring my met liedere – Historiese oorsig van die liedere in die Liedboek
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 480
OPSOMMING: Die Liedboekgids bied ’n ryk bron van inligting oor Lied 151-602 in die Liedboek van die kerk. Die agtergrondinligting van die liedere in die gids, versamel deur ’n gerekende Suid-Afrikaanse himnoloog, maak dit ’n skatkis vir kerkmusiekliefhebbers en gemeenteleiers.
Die gids bevat ’n omvattende bespreking van elke lied. By elkeen word die oorsprong van die teks nagevors, asook hoe die Afrikaanse teks tot stand gekom het. Die lewensloop van die oorspronklike digter(s) en dié wat die Afrikaanse weergawe geskep of die oorspronklike Afrikaanse tekste geskryf het, word in besonderhede verskaf. Dieselfde proses word by die melodie van elke lied gevolg. Verder is dit stampvol biografiese besonderhede, veral ten opsigte van Suid-Afrikaanse digters en komponiste.
Prof Daleen Kruger is ongetwyfeld een van Suid-Afrika se voorste himnoloë. Sy is uitmuntend geskik om ’n boek van hierdie aard te skryf. Die Liedboekgids sal jare lank met groot vrug gebruik kan word deur enigiemand wat by kerkmusiek betrokke is. Haar groot werk sal beslis ook bydra tot ’n groter liefde en waardering vir ons kosbare kerkliedereskat.
INHOUD:
Voorwoord deur prof Albert Troskie
Inleiding
Akronieme en afkortings
Volume 1: Lied 151-376 (Toetrede en Aanroeping tot Kersfees en Epifanie)
Volume 2: Lied 377-602 (Lydenstyd en Goeie Vrydag tot Hoop en Voleinding)
Indeks 1: Alfabetiese lys van aanvangsreëls
Indeks 2: Alfabetiese lys van melodietitels
Indeks 3: Alfabetiese lys van teksdigters
Indeks 4: Alfabetiese lys van komponiste
Bibliografie
Meer oor MASARA
Meer oor Daleen Kruger
SKRYWER: Daleen Kruger het vroeg in haar lewe reeds met musiek kennis gemaak. Sy het plaaslik verskeie kwalifikasies in musiek verwerf, en daarna oorsee gaan studeer en as sangsolis en orrelis in talle konserte in Europa opgetree. Met haar terugkeer na Suid-Afrika in 1985 het Daleen begin klas gee, onder meer in orrel, orrelmetodiek, musiekteorie, musiekgeskiedenis, kerkmusiekgeskiedenis en himnologie. Die handhawing van ’n hoë standaard ten opsigte van kerkmusiek in Suid-Afrika lê vir Daleen na aan die hart. Sy is ongetwyfeld een van Suid-Afrika se voorste himnoloë en uitmuntend geskik om ’n boek van hierdie aard te skryf.