Description
OPSOMMING: Die Liedboek van die kerk bly steeds een van ons kerk se grootste musiekskatte. Die Begeleiersboek (Koraal) het ten doel om die orrelis of klavierbegeleier in staat te stel om ‘n gemeente sinvol te laat begelei.
Die Begeleiersboek is nou in twee gedeel en geringbind. Ons het geluister na die musici wat gekla het dat die ou, dik, hardeband bundel nie wou regopstaan nie en dat dit uiteindelik aan die rugkant oopgebars het van al die kere se platstryk. Die nuwe, geringbinde Begeleiersboek blaai makliker en val nie toe waar jy hom oopmaak nie. Die buiteblaaie is gelamineer sodat dit nie sommer sal skeur nie.
Pluspunte
- Dit hanteer makliker
- Dit is meer funksioneel.
Teikenmark
- Orreliste en klavierbegeleiers
- Gemeentes
INHOUD
602 Liedboek-liedere met volledige klavier/orrel partituur.