Lewe op die kruispad

R110.00

Reis met lydenstyd in 50 dae deur Markus.  Markus vertel ’n aangrypende verhaal, Jesus is die hoofkarakter. Die konflik tussen Jesus en sy verskillende teenstanders, die bittere self-stryd van Jesus om die komende lyding en sterwe te aanvaar, en die onvermoë van sy volgelinge om sy lyding te verstaan, vorm die draad van die verhaal. Sewe groepstudies en 43 individuele studies.  DVD met inleidings vir elke groepsessie kan afsonderlik gekoop word.

Klik hier vir gratis preeksketse en PowerPoint-aanbiedings van Week 1 tot 3

Klik hier vir gratis preeksketse en PowerPoint-aanbiedings van Week 4 tot 7

SKU: 9780864877017 Categories: , , , , , ,

Description

SUBTITEL: 50 dae deur Markus vir die Lydenstyd

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 256

OPSOMMING: Reis met lydenstyd in 50 dae deur Markus. Markus vertel ’n aangrypende verhaal, Jesus is die hoofkarakter. Die konflik tussen Jesus en sy verskillende teenstanders, die bittere self-stryd van Jesus om die komende lyding en sterwe te aanvaar, en die onvermoë van sy volgelinge om sy lyding te verstaan, vorm die draad van die verhaal. Sewe groepstudies en 43 individuele studies. Gratis preeksketse en PowerPoint-aanbiedings by www.bybelmedia.co.za. DVD met inleidings vir elke groepsessie kan afsonderlik gekoop word.

INHOUD
Hoe om hierdie studie te gebruik
ʼn Inleiding tot Markus
Lees Markus soos ’n storie
Iemand vertel vir iemand
’n Goeie storie!
Die inhoud van Markus onder die vergrootglas
Algemene opmerkings oor die verhaal

WEEK 1: ’n GPS vir die kruis-pad

DAG 1: Die kruis-pad is goeie nuus
DAG 2: Die kruis-pad behels ʼn geweldige stryd
DAG 3: Op die kruis-pad word oorwinning deur lyding behaal
DAG 4: Agter Jesus aan op die kruis-pad
DAG 5: Die kruis-pad lei na môre
DAG 6: Werk hierdie lewe op die kruis-pad?
DAG 7: Die kruis-pad se verrassings (Groepstudie)

WEEK 2: Op die kruis-pad oor die hoogtes

DAG 8: Wie is Jesus?
DAG 9: Wat Jesus doen, wys wie Hy is
DAG 10: Jesus se ander Name wys ook wie Hy is
DAG 11: Jesus se siening van sy sending
DAG 12: Jesus se woorde
DAG 13: Jesus laat sy merk op jou
DAG 14: Wie kan Hy tog wees? (Groepstudie)

WEEK 3: Op die kruis-pad deur die dieptes

DAG 15: Jesus het die kruis-pad gekies
DAG 16: Alleen in die dieptes
DAG 17: Uitgelewer aan die dieptes
DAG 18: In die dieptes ook deur God verlaat …
DAG 19: Vir my, vir ons, in die dieptes
DAG 20: Groei op die kruis-pad
DAG 21: Daar is ʼn kruis op die kruis-pad (Groepstudie)

WEEK 4: Agter Jesus aan

DAG 22: Jy is geroep
DAG 23: Jesus eet saam met sondaars
DAG 24: Uitgestuur
DAG 25: Kruisdra
DAG 26: Offers
DAG 27: Struikel
DAG 28:Kinders op die kruis-pad (Groepstudie)

WEEK 5: Die kruis-pad vra geloof

DAG 29: Geloof is om te luister
DAG 30: Verstommende geloof
DAG 31: Verstommende ongeloof
DAG 32: Twyfel
DAG 33: Soos kinders
DAG 34: Geloof is nie ’n resep nie
DAG 35: Christus is groter as ons geloof (Groepstudie)

WEEK 6: Die kruis-pad loop deur konflik

DAG 36: Jesus oorwin die Bose
DAG 37: Die wrede spel van mag
DAG 38: Die vroom magspel
DAG 39: Politieke magspel
DAG 40: ’n Ander soort mag
DAG 41: Sê nee vir magsmisbruik
DAG 42: God se soort mag (Groepstudie)

WEEK 7: Die kruis-pad gee hoop

DAG 43: Min dinge is blywend
DAG 44: Ons weet nie
DAG 45: Wanneer die nuus nét sleg is
DAG 46: Die slegste nuus wat daar kán wees
DAG 47: Die somer is naby!
DAG 48: Hou julle oë oop en wees gereed!
DAG 49: Waaksaam (Groepstudie)
DAG 50: Die kruis-pad lei na die fees Bibliografie

UITGEWER: Bybel-Media

SKRYWERS
Lewe op die kruis-pad is saamgestel deur gerekende predikante:
Andries Cilliers (NG gemeente Sonstraal)
Antionette de Ridder (NG gemeente Stellenberg)
Eddie Orsmond (NG gemeente Simondium)
Hennie Fouché (NG gemeente Hottentots-Holland)
Johan du Plessis (NG gemeente Kenridge)
Lisel Joubert
Tiana Bosman (NG gemeente Pinelands)