Description
SUBTITEL: Oordenkings vir lidmate
Leesrooster vir lidmate – Advent 2022 tot Koninkrykstyd 2023 – het vanjaar twee splinternuwe kenmerke.
FORMAAT: Boek
OPSOMMING: Leesrooster vir lidmate is vanjaar aanlyn beskikbaar by www.missio.org.za. Ons bied dit egter ook aan in hierdie aflaaibare PDF wat maklik uitgedruk kan word.
Geloofstyle is die nuwe element wat hierdie uitgawe se struktuur ondersteun. Die uitgangspunt is dat lesers van mekaar verskil ten opsigte van hulle geloofstyle. Die aanbieding van die vier momente vir elke week probeer om aan die verskillende geloofstyle uitdrukking te gee. Bybel Media se boek FaithStyle lê ten grondslag hiervan. Besoek gerus www.faithstyle.co.za vir meer inligting. Die boek is te koop by https://eshop.bybelmedia.org.za/product/faithstyle/
In die ontwerp van die weeklikse leesstukke het die medewerkers telkens gekies vir vier verskillende momente as geloofsfokus wat in die week gebruik kan word om die Bybelteks te lees en op die lewe toe te pas. By elke moment is ’n sin van die medewerker as geloofstyl-lens vir die oordenking van die Skrifgedeelte.
- Bied verskillende perspektiewe op Bybeltekste deur verskillende geloofstyle in ag te neem.
- Prakties, uitdagend en eietyds geskryf.
- Sluit aan by die seisoene van die kerkjaar, en moedig daarom lidmate aan om die feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te vier en te ervaar.
SKRYWER: Leesrooster vir lidmate is saamgestel deur lede van ’n navorsingsgroep van Communitas/Ekklesia en die lede kom almal uit die VGKSA en die NG Kerk.